Titel German English Afrikaans Serbian Slovak Czech Help
Hoofstuk 1 Die drie Dae in die Tempel

Hoofstuk 1

[DD 1.1] Dit was die gebruik en voorgeskrewe reël in die hele ryk van die Jode, dat hulle hul kinders, wanneer hulle die twaalfde lewensjaar bereik het, na Jerusalem moes bring, waar hulle in die Tempel deur die ouderlinge, fariseërs en skrifgeleerdes oor alles, wat hulle tot op die’ ouderdom in besonder met betrekking tot die leerstellings van God en die profete hul eie gemaak het, ondervra sou word.

[DD 1.2] Vir sodanige eksamen moes ook ‘n klein fooi betaal word, waarvolgens die wat getoets is, indien hulle dit wou, teen ‘n tweede klein fooi ‘n slaagrapport ontvang het. Het die kinders in elke opsig presteer, dan kon hulle ook in die skool van die Tempel opgeneem word en het die vooruitsig gehad, om eendag ‘n dienaar van die Tempel te word.

[DD 1.3] As die kinders kon bewys, dat hulle van die stam Levi afkomstig is, dan het dit met die opname in die skool van die Tempel maklik gegaan. Kon die ouers dit egter nie bewys nie, dan het dit met die opname minder goed gegaan, en hulle moes hulle feitlik in die stam Levi inkoop en aan die Tempel ‘n beduidende offer bring.

[DD 1.4] Die dogters was van hierdie eksamen vrygestel - behalwe as hulle op aandrang van die ouers hulle ook wou laat toets, ter wille van die groter welgevalle voor God. In hierdie geval is hulle deur die oumoeders van die Tempel in ‘n spesiale woning deeglik getoets en het ook ‘n rapport vir alle kennis en vaardighede wat hulle tot dusver opgedoen het, verwerf. Sulke meisies kon dan vrouens van die priesters en Leviete word.

[DD 1.5] Die eksamen van die seuns en nog meer die van die meisies was van korte duur. Daar was enkele hoofvrae wat altyd gevra was, wat elke Jood al lankal uit die kop geken het.

[DD 1.6] Die antwoord op die bekende vrae is vir die kinders deurgaans ingehamer, en die eksaminator het skaars die vraag gevra, dan was die getoetste knaap ook reeds klaar met die antwoord.

[DD 1.7] Meer as tien vrae het niemand gekry nie, en dit is daarom maklik begryplik, dat die eksamen van ‘n seun skaars langer as ‘n minuut geduur het. In besonder wanneer hy die eerste vraag baie goed en volledig geantwoord het, was hy meestal van die res vrygestel.

[DD 1.8] Na voltooiing van die kort toets het die kind ‘n klein papiertjie gekry, waarmee hy saam met sy ouers by dieselfde belastingkassiere moes aanmeld, waar hy vantevore die eksamenfooie betaal het, waar hy dan met voorlegging van die toetspapiertjie weer ‘n klein fooi moes betaal, indien hy in plek van die papiertjie ‘n tempelrapport wou hê. Kinders van arm ouers moes ‘n bewys van armoede saambring, andersins was hulle nie tot die eksamen toegelaat nie.

[DD 1.9] Die tyd van die eksamen was óf tydens die Paasfees óf ten tye van die Loofhuttefees en het gewoonlik vyf tot ses dae geduur. Maar voordat die eksamen in die Tempel ‘n aanvang geneem het, is daar reeds ‘n paar dae vantevore tempeldienaars na die herberge gestuur, om vas te stel, hoeveel toetskandidate teenwoordig sou wees.

[DD 1.10] Wie daar teen betaling van ‘n klein fooi ‘n besonder voorkeur wou kry, die kon dit doen, omdat hy daardeur sy beurt, om getoets te word, kon vervroeg. Die sonder betaling moes dan gewoonlik die laastes wees, en met hulle eksamen was dan ook nie baie moeite gedoen nie, en dan is daar gewoonlik ook geen rapporte uitgereik nie. Daar word belowe, dat dit nog gedoen sal word, maar waar daar gewoonlik niks van gekom het nie.

[DD 1.11] Maar soms het dit ook gebeur, dat seuns van besonder baie gees en talent teenvrae aan die eksaminatore gerig het en ‘n verduideliking oor dit en dat uit die profete verwag het. By sulke geleenthede was daar onder die eksaminatore gewoonlik mismoedige en ergerlike gesigte te sien; want die eksaminatore was selde met die skrif en die profete meer vertroud as deesdae die baie skraal opgeleide Abc-onderwysers. Hulle het net dit geweet, waaroor hulle vrae gevra het. Verder as dit het dit gewoonlik maar donker gelyk.

[DD 1.12] Teenwoordig by die eksamen, was daar egter ook so te sê eksamenkommissarisse, bestaande uit verskeie ouderlinge en skrifgeleerdes. Hulle toets nie, maar luister net, na dit wat gevra was. Net in bogenoemde spesiale geval, wanneer dit die moeite werd was, het hulle begin roer deur die vraende seun, wat dit gewaag het, om sy eksaminatore in ‘n onaangename, tydrowende posisie te plaas, eers oor sy onverstandige vermetelheid te berispe.

[DD 1.13] Sodanige knaap was, wanneer hy hom nie maklik laat afskrik het nie en by sy voorneme en verwagting gebly het, meer vir die skyn voor die volk as vir die dieper waarheid daarvan, vir eers gevra om te wag en moes vir die verduidelikende antwoorde vir sodanig kritiese vrae tot ‘n sekere uur in die aand wag, waar hy dan eers op sy eie ondervra was.

[DD 1.14] Het dan die beloofde uur aangebreek, was sulke kandidate nog steeds met heelwat onwilligheid uit hul wegsteekplek geroep, en hulle die vroeër gestelde vraag moes herhaal, en een van die ouderlinge en skrifgeleerdes het dan gewoonlik vir die vraer sodanig mistieke en soveel as moontlik verwarrende antwoord gegee, waaruit die seun beslis nie slimmer kon word nie - en die volk het homself met diep, dom, stom, doof en blind bewondering oor die onbegryplike diepte van die Gees van God deur die mond van ‘n ouderling of skrifgeleerde op die bors geslaan en het ten slotte die knaap weer oor sy onbesonne vermetelheid berispe.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar