Titel German English Afrikaans Serbian Slovak Czech Help
Hoofstuk 1 Die Groot Johannes Evangelie

Hoofstuk 1

Joh. 1,01] Aan die begin was die woord, en die woord was by God, en God was die woord.

[GJE 1.1.1] Hierdie vers het reeds ‘n groot hoeveelheid van allerlei wanvertolkings en verklarings tot gevolg gehad; ja, selfs blatante Godverloënaars gebruik juis hierdie teks, om met behulp daarvan My Godheid met groter sekerheid te weerlê, aangesien hulle die Godheid in die algemeen verwerp. Maar ons wil sulke ongeloofwaardige stories nie weer ophaal nie, waardeur die verwarring net nog groter pleks van kleiner sou word, maar onmiddelik met die mees kort moontlike verduideliking vorendag kom; dit, as self lig in die lig van die lig, sal vanself die wanvertolkings bekamp en oorwin.

[GJE 1.1.2] ‘n Hoofrede vir die onverstand van sulke tekste, is ongelukkig in die baie swak en foutiewe vertaling van die Skrif uit die oertonge na die tonge van die teenswoordige tyd, geleë; alleen, dit is goed so. Want as die gees van sulke tekste nie so goed verborge sou wees soos wat dit is nie, dan sou dit wat heilig daarin is, lankal tot op die laagste vlak ontheilig word, wat daar tot die grootste nadeel van die hele aarde sou strek; maar so het hulle net aan die bas geknaag en kon nie by die lewendige heiligdom uitkom nie.

[GJE 1.1.3] Maar die tyd het nou aangebreek, om die ware innerlike betekenis van sulke tekste vir almal te wys, wat waardig is om daaraan deel te neem; maar vir hom wat onwaardig is sal dit duur te staan kom, want Ek laat met My by sulke geleenthede geen grappe maak nie en sal nooit ‘n kompromie aangaan nie.

[GJE 1.1.4] Na hierdie noodsaaklike vooraf herinnering volg nou die verduideliking; Ek wil net nog dit daarby voeg en sê, dat hier net die innerlike, siels-geestelike betekenis verstaan moet word, maar nie ook die mees innerlike, reinste hemelse betekenis nie. Hierdie is te heilig en kan vir die wêreld net vir hulle op ‘n onskadelike manier gegee word, wat dit deur hulle lewenswandel volgens die woord van die Evangelie soek. Maar die bloot innerlike, siels-geestelike betekenis kan maklik gevind word, soms reeds deur die korrekte tyd aangepasde ooreenkomstige vertaling, wat binnekort tydens die verduideliking van die eerste vers duidelik sal word.

[GJE 1.1.5] Baie onkorrek en wat die innerlike betekenis baie verhul, is die uitdrukking ‘In die begin’; want daardeur kon selfs die Godheid se ewige bestaan betwis en in twyfel getrek word, wat ook deur sommige ouer wêreldwyses gedoen is, uit wie se skool die godverloënaars van hierdie tyd in werklikheid voortgegaan het. Maar as ons nou hierdie teks korrek sal weergee, dan sal die omhulsel net baie dun verskyn, en dit sal nie moeilik wees, om die innerlike betekenis deur sodanig maklike omhulsel baie noukeurig en soms ook baie presies waar te neem.

[GJE 1.1.6] Maar so lui die regte vertaling: In die oergrond, of ook in die grondoorsaak (van alle bestaan), was die lig (die groot heilige skeppingsgedagte, die werklik bestaande idee). Daardie lig was nie net in, maar ook by God, wat beteken dat die lig as werklik aanskoulik uit God getree het en was dus sodoende nie net in, maar ook by God en het so te sê die oergoddelike bestaan omvloei, waardeur reeds die fondament vir die toekomstige menswording van God gelê was, wat in die daaropvolgende tekste heeltemal vanself duidelik sal word.

[GJE 1.1.7] Wie of wat was dan eintlik hierdie lig, hierdie groot gedagte, hierdie heiligste grondidee van alle toekomstige, werklike, mees vrye bestaan? - Dit was onmoontlik iets anders as juis God Self, omdat in God, deur God en vanuit God onmoontlik iets anders as net God Self vir Homself in Sy ewig mees volmaakte bestaan voorgestel het; en sodoende kan hierdie teks ook soos volg lui:

[GJE 1.1.8] In God was die lig, die lig het vir God deur- en omvloei, en God Self was die lig.

Joh. 01,02] Dieselfde was in die begin by God.

[GJE 1.1.9] Indien nou die eerste vers voldoende belig is, en deur elkeen met ‘n bietjie lig maklik begryp kan word, verduidelik die tweede vers hom vanself en bevestig ter getuienis, dat die bogenoemde woord of lig of die groot skeppingsidee nie mettertyd in die oergodwese onstaan het nie, maar saam met God as God Self ewig is en dus nooit enige ontstaanproses gehad het nie, waarom dit dan ook so te sê as ‘n bevestigende getuienis sê: Dieselfde was in die begin of in die oergrond van alle bestaan en alle latere wording as oergrond self by, in en uit God, dit wil sê dit was deur en deur God Self.

Joh. 01,03] Alle dinge is deur dieselfde gemaak, en sonder dieselfde is niks gemaak nie wat gemaak is.

[GJE 1.1.10] In hierdie vers word net weer so te sê tasbaar bevestig, wat daar in die eerste vers as die ‘woord’ of die ‘lig’ in die oergrond van alle bestaan en wording ten volle teenwoordig, maar nog nie as reeds uitgeplaas bewerkstellig, duidelik daargestel was.

[GJE 1.1.11] Hierdie derde vers as rein weergegee lui soos volg: Alle bestaan het uit hierdie oerbestaan, wat in Homself deur en deur die ewige oergrond van Sy bestaan is, ontstaan. Daardie bestaan se lig, woord en wil het Sy hoogs eie lig, Sy oerewige skeppingsidee uit Homself in ‘n vaste aanskoulike bestaan geplaas, en daar is niks in die hele ewige oneindigheid, wat nie uit dieselfde oergrond en op dieselfde weg ‘n sigbare en aanskoulike bestaan verkry het nie.

[GJE 1.1.12] Wie nou hierdie baie helder verduidelikte verse ten volle verstaan het, vir hom is vers 4 noodwendig vanself reeds duidelik.

Joh.01,04] In hom was die lewe, en die lewe was die lig van die mens.

[GJE 1.1.13] Dit is mos by verre vanselfsprekend, dat ‘n oergrondbestaan van alle bestaan, die lig van alle lig, die oergedagte van alle gedagte en idees, die oervorm as die ewige oergrond van alle vorms, eerstens nie vormloos en tweedens ook nie dood kon wees nie, aangesien dit (die dood) in die grond van alle gronde die mees krasse teenoorgestelde van enige bestaan voorstel. In daardie woord of lig of in daardie groot gedagte van God in God, en in die grond van alle gronde God Self is, was dus die mees volmaakte lewe. God was dus deur en deur die oerewige, mees volmaakte grondlewe in en uit Homself en dus ook die lewe in die wesens, naamlik in die mense wat uit Hom voortgegaan het; en daardie wesens en mense was dus ‘n volle ewebeeld van die oerlig, wat aan hulle die bestaan, lig en dus ook ‘n lewe wat ten volle aan die ewige oerbestaan gelyk is, gegee het.

[GJE 1.1.14] Maar aangesien die oerlewe van God ‘n mees volmaakte vrye lewe is en moet wees, aangesien dit andersins so goed soos geen lewe sou wees nie, en daardie lewe in die geskape wesens een en dieselfde lewe moet wees, andersins dit ook geen lewe en dit dus as ‘n nie-lewe ook geen bestaan kon hê nie, is dit mos net te tasbaar begryplik, dat vir die geskape wesens, die mens, ook net ‘n mees volmaakte vrye lewe gegee kon word, wat homself volkome self voel, maar juis vanuit daardie gevoel ook moes gewaar word, dat hy nie uit homself voortgegaan het nie, maar net as ‘n volmaakte ewebeeld uit God volgens Sy ewig almagtige wil voortgegaan het.

[GJE 1.1.15] Hierdie waarneming moes in alle geskape wesens teenwoordig wees, net soos die dat hulle lewe en bestaan ten volle gelyk aan God moet wees, andersins hulle nóg enige lewe, nóg enige bestaan kon gehad het.

[GJE 1.1.16] Maar wanneer ons daardie saak van nader beskou, dan sien ons, dat in die geskape wesens noodwendig twee soorte gevoelens ontmoet, naamlik eerstens die gevoel van die goddelike ewebeeldigheid of die oerlig van God in hulle en tweedens vanuit juis daardie lig dan ook noodwendig die gevoel van die tydaangepasde wording deur die oerwil van die Skepper.

[GJE 1.1.17] Die eerste gevoel plaas die skepsel noodwendig met die Skepper gelyk en soos uit homself voortgegaan ten volle onafhanklik van die ewige oergrond, asof hy dit as sulks in homself dra en berg; maar op grond van die tweede gevoel wat noodwendig uit hierdie eerste lewensgevoel voortgaan, moet die mens hom nogtans as ‘n wese wat vanuit die eintlike oergrond voortgebring is en eers mettertyd as ‘n vry gemanifesteerde en dus van die hoofoergrond baie afhanklike wese beskou.

[GJE 1.1.18] Maar hierdie vernederende gevoel maak die eerste hoogheidsgevoel ook tot ‘n gevoel van nederigheid, wat natuurlik vir die hoogheidsgevoel ‘n hoogs en onontbeerlik noodwendige saak is, soos dit in die vervolg heel duidelik gewys sal word.

[GJE 1.1.19] Die hoogheidsgevoel stry geweldig teen sodanige vernedering en wil die tweede gevoel onderdruk.

[GJE 1.1.20] Deur sodanige geveg ontstaan dan kwaad en ten einde haat teen die oergrond van alle bestaan en daaruit ook teen die lae nederigheids- of afhanklikheidsgevoel; maar daardeur raak die hoogheidsgevoel lam en word donkerder, en uit die oerlig in die geskape wesens word nag en duisternis. Hierdie nag en duisternis kan dan skaars meer die oerlig in homself erken en dwaal dus as blind maar nogtans selfstandig van die oergrond van sy bestaan en wording af en kan dit in sy blindheid nie meer erken nie.

Joh.01,05] En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis kon dit nie begryp nie.

[GJE 1.1.21] Derhalwe kan hierdie oerlig in sodanige duisternis skyn, soos dit net wil skyn; maar aangesien die nag, wat wel ook uit die’ lig onstaan het, geen ordentlike sig meer het nie, erken sy nie meer die lig wat in sodanige nag kom nie, om dit weer na die regte oerlig te omskep.

[GJE 1.1.22] Op sodanige wyse het dan ook Ek as die ewige oerbestaan van alle bestaan en as die oerlig van alle lig en lewe in die wêreld van duisternis na hulle, wat uit My voortgegaan het, gekom; maar hulle het nie vir My in die nag van hulle afgematte hoogheidsgevoel herken nie!

[GJE 1.1.23] Want hierdie 5de vers dui juis daarop, hoe Ek volgens en in die oorspronklike mate en verhouding as presies dieselfde wat Ek van ewigheid af was , in hierdie deur My en vanuit My geskape wêreld gekom het en sy vir My as haar eie grondbestaan, nie erken het nie.

[GJE 1.1.24] Maar Ek as die oergrond van alle bestaan moes tog uit My oerewige al-lig sien, hoe die hoogheidsgevoel as die oerlig in die mens deur die voortdurende geveg al hoe swakker en swakker sou word, en sodoende as lewenslig ook donkerder en ten einde heeltemal nag sou word, en dat daarvolgens die mense, as Ek na hulle met die ewebeeld wat Ek vir hulle gegee het, sou gekom het, hulle My nie sou erken nie, ten minste ‘n baie groot aantal nie, besonders as Ek suiwer Deus ex machina (‘n God wat skielik optree) heel onverwags en onvoorberei in ‘n beperkte mensevorm na hulle toe sou kom, en Ek dan Self die skuld sou moes dra, dat die onvoorbereide mense op sodanige My aankoms, onmoontlik vir My sou erken het.

[GJE 1.1.25] Ja, Ek het dit wel van ewigheid af ingesien en het derhalwe vir die mens reeds sedert sy eerste bestaan toe hy van My geskei het tot My werklike aankoms deur baie duisende sieners, wat gedurende die geveg nie die lig verloor het nie, juis hierdie My aankoms laat voorspel en ook die manier en selfs die plek en die tyd van My aankoms getrou laat aantoon, en tydens My werklike aankoms het Ek groot tekens laat gebeur en het ‘n man opgewek, waarin ‘n hoë oergees woning geneem het, dat hy vir die blindes My aankoms en volle teenwoordigheid op aarde sal verkondig.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar