Titel German English Afrikaans Serbian Slovak Czech Help
Hoofstuk 1 Van die Hel tot die Hemel

Die aardse lewensloop van Robert Blum

[RB 1.1.1] Robert Blum het onder armlike lewensomstandighede in die wêreld ingekom en het tot in sy laaste jare steeds met materiële nood te kampe gehad. Dat dié lot hom ten deel geval het, het egter `n goeie rede gehad, wat natuurlik in die wêreld onbekend gebly het. Sy siel en gees was naamlik afkomstig van die planeet, waarvan julle uit "Die Natuurlike Son" kan oplees,* dat haar bewoners met hardnekkige vasberadenheid hele berge versit en hulle wat dit nie in die liggaamlike toestand volbring nie, selfs nog as geeste bewerkstellig. *(Die Natürliche Sonne, deur openbaring ontvang en opgeteken deur Jakob Lorber, Uitg. Lorber Verlag, Bietigheim, BRD ) ** (Hierdie planeet is Uranus; sien: Die Natürliche Sonne, hfst. 44,20. )

[RB 1.1.2] Hierdie man, wat vanweë sy vermetelheid deur die wêreld veroordeel was, het al reeds as kind `n groot vasberadenheid getoon. Alhoewel Ek hom, sodra hy sy wil wou laat geld het, terwille van sy sieleheil steeds voorlopige hindernisse op sy weg gelê het, het dit tog weinig vir hierdie wêreld gehelp. Want die hardnekkige strewe van sy gees het vir homself uiteindelik tog `n weg gebaan uit alle onbeduidendheid, waardeur hy meer invloed gekry het.

[RB 1.1.3] Nou maak hy skielik duisend grootse planne en bring dit ook volgens vermoë ten uitvoer. In die eerste plek lê die welsyn van sy volk hom ter harte, en om dit te verwesenlik, was geen offer vir hom te veel nie. As hy al die skatte van die aarde besit het, sou hy dit, om die hoogste gedagte te realiseer, alles op die spel geplaas het, sy lewe inbegrepe.

[RB 1.1.4] Die idee van die welsyn van sy volk het hy vernaamlik oorgeneem uit die skool van Ronge* en sy volgelinge, wat `n wêreldreligie aangehang het; hoewel hierdie rigting eintlik geen religie of kerk was nie, omdat hulle My, die Heer, as `n gewone mens en volksleraar uit die ou tyd afgemaak het. Hierdie "kerk" verwerp sodoende het ook die basis waarop sy haar gebou wou optrek en haar huis sou daardeur nie lank standhou nie. *( Johannes Ronge (1813-1887), stigter van die Roomse onafhanklike Duitse-Katolisisme.)

[RB 1.1.5] Netsoos wat Ronge sy kerk gebou het, netso het ons man sy idees oor die welsyn van sy volk op sand gebou. Alles wat die wêreld kon aanbied, het vir hom klein en magteloos gelyk. Slegs in sy redenaarstalent het, volgens hom, voldoende mag gelê om binne `n kort tydjie alle maghebbers te onttroon.

[RB 1.1.6] Sy oortuiging was so sterk, dat hy byna nie in staat was om enige twyfel daaroor toe te laat nie, ook al het Ek hom innerlik gewaarsku by al die gewaagde ondernemings, dan het dit hom tog nie verhinder om hom te weerhou van dit wat hy hom nou eenmaal voorgeneem het nie. Want dit was vir hom `n slagspreuk; dat `n reggeaarde Duitser eerder alles sou moet opoffer, as om af te sien van `n eenmaal opgeneemde idee.

[RB 1.1.7] Sy vasberadenheid om sy eenmaal opgeneemde idee ook uit te voer, was nog versterk, deurdat hy op verskeie kere skitterend suksesvol was. En so waag hy dit dan ook aan `n "Himalaya gebergte", omdat hy met die afgrawe van enkele politieke heuwels sukses geboek het. Deur sy werk het hy die publieke aandag op hom gevestig, waardeur hy die vertroue van die hele land op hom gevestig het, waarby hy ook die vertroue van die hele land gewen het, wat toe egter ook tot sy aardse ondergang gelei het.

[RB 1.1.8] Meer as een keer beproef hy in die Duitse Nasionale Vergadering*, die mag van sy welsprekendheid en het groot plesier gehad in sy sukses, wat hy vernaamlik aan sy sterk gees te danke gehad het. Daardeur gesteun, haas hy hom na `n groot stad in die ooste van die land** waar die volk inderdaad sy planne ondersteun het. Daar wou hy, by wyse van spreke, so `n dertig sogenaamde vorstelike vlieë met een klap doodslaan, nie-denkende dat Ek ook `n paar woordjies agter hierdie vlieë te vertel gehad het. * (Te Frankfurt a.d.M., 1848.) ** (Wenen.)

[RB 1.1.9] Ons man het vernaamlik uitgegaan van één idee, wat hy ontleen het aan My woord: Dat `n mens "volmaak" moet wees, soos die Vader in die hemel, en dat daar maar een God is, en dat al die ander broers is, sonder onderskeid van rang of stand. Maar hy het, om mee te begin, nie in Hom geglo, op wie die mense, wat hulle volmaaktheid betref, sou moet lyk nie. Eintlik beskou hy homself as die "heer" deur sy welsprekendheid. Daarby vergeet hy volkome dat vorste ook mense is, wat hulle mag deur My verkry het, en hy vergeet ook die teks uit die Skrif: "Gee aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom!"

[RB 1.1.10] Hierdie man word in die bogenoemde stad, waar hy sy saligmakende planne vir die volk, deur wapengeweld en deur sy redevoeringe wou verwesenlik, as `n staatsgevaarlike persoon gevange geneem en na `n kort proses uit hierdie wêreld na die ander gehelp.* En hiermee word sy werksaamheid, wat die volkere gelukkig moes maak, in hierdie wêreld afgesluit. * Robert Blum (1804-1848) word op 9 November 1848 op bevel van die keiserlike opperbevelhebber, vors Windischgrätz, in Wenen standregtelik doodgeskiet.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar