Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 225 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

11. So is `n volkstam ook nog verskeie kere deur die koning van Salem gewaarsku om nie in die omgewing van Sodom en Gomorra te gaan woon nie, omdat daar op die bodem baie swawelhoudende aardlae was en daar ook aardpik voorgekom het. Dit was vir die volk ook duidelik en begryplik uitgelê dat daar uit die aardlae voortdurend onrein geeste is wat hulleself losmaak en die mense tot ontug prikkel; want, soos wat daar ontuggeeste in die wyn gevind word, wat die liggaam tot ontug aandryf, as `n mens teveel daarvan gedrink het, so is die geeste ook in swawel en aardpik aanwesig. Die volk was ook vertel dat daar in so `n omgewing dikwels aardbewings, bergbrande en baie swaar onweersbuie voorkom, wat dikwels groot skade aanrig, waarna hongersnood en pes maklik kon ontstaan; maar al die goeie raad, selfs uit die mond van JaHWeH, het niks gehelp nie. Omdat die omgewing verder baie weelderig begroeid en vrugbaar was, het die mense tog daar gaan woon en binne tweehonderd jaar was daar al, buiten Sodom en Gomorra, nog tien stede gebou. Die mense het heeltemal sinlik geword en het begin om allerlei onbeskryflike ontug en die allerafkuwelikste hoerery te bedryf, selfs met diere.

Hoofstuk 225 Mobiele weergawe Kommentaar