Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 226 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

God se wese en ewige skeppingsvreugde. Die verandering van alle materie in die geestelike. Die lewe van die mens aan die ander kant

1. Die Fariseër sê: 'Heer en Leraar, daarteen is niks meer in te bring nie; want die waarheid van alles wat gesê is, is maar al te goed sigbaar! Maar as daar uit die siele van die mense van hierdie aarde uiteindelik louter gode ontstaan, waar sal hulle dan ruimte hê om hulle in hulle goddelike vryheid, selfstandigheid en mag te beweeg en te regeer en te heers? Want ook `n gees het `n bepaalde ruimte en ook tyd nodig, ook al staan hy deur sy goddelike eienskappe bo ruimte en bo alle tyd.'

2. Ek sê: 'O kleingeestige en volledig verskrompelde gemoed! Het jy nog nooit `n sterrehemel gesien nie? Weet jy nog nie wat hierdie sterre is wat in so `n groot aantal vir jou sigbaar is nie?! Kyk, as daar uit elke atoom van hierdie aarde twaalfduisend siele sou ontstaan - wat so `n enorme aantal sou oplewer dat in hierdie tyd ook die beste rekenkundige dit nie as moontlik sou beskou nie, - dan kom daar nog maar nouliks één siel op `n sonwêreld in die groot skeppingsruimte, laat staan op wat op `n nog baie groter aantal aardes is, wat hulle dikwels met talle duisende om `n enkele sonwêreld beweeg.

3. Dink jou dan eers in die eindelose groot ruimte van die hemele van God in en die ewe-eens eindelose aantal van haar gemeenskappe, wat so ooreenkom met die wêrelde in die materiële ruimte van byvoorbeeld hierdie aarde, wat bykans die kleinste is, waar tot op hede al honderdduisend maal honderdduisende as reeds bestaande aangeneem kan word! Hoeveel mensesoorte daar nog uit hierdie aarde gevorm sal word, weet slegs God, omdat Hy die oneindige aantalle duidelik as `n eenheid in Homself het. As daar egter uit die mense van hierdie aarde sulke tallose talle gemeenskappe in die groot hiernamaals gevorm kan word, hoeveel dan nie uit al die ontelbare talle wêrelde nie, waarvan daar baie is wat fisies al so groot is dat hierdie aarde daarby vergeleke nouliks `n sandkorrel is?

4. As jy dit nou bedink het, sal dit vir jou tog miskien `n bietjie duideliker word of `n eindelose groot aantal van die ware Elohimskinders eensklaps vir die gesamentlike, ewige, eindelose hemel te groot sal word! Dink jy dan, dat vir die ewige groot God, `n getal wat deur jou menseverstand beperk word, vir ewig voldoende sou wees?! Tel slegs die skepsele van hierdie aarde, dink aan die orals oneindige vrugbaarheid- en voortplantingsmoontlikhede van plante en diere, en dan kan jy daaruit al tot die gevolgtrekking kom dat alles by God tot in die oneindige voortgaan en niemand kan sê dat dit geen nut sal hê nie!

5. Want as God dit nie in die plante en diere sou gelê het nie, dan sou julle binne `n kort tydjie geen brood meer gehad het en geen vleis en geen melk, geen wyn en geen vrugte nie; maar omdat `n koringkorrel, as hy in die aarde gelê word, honderdvoudige vrug gee, het julle steeds brood genoeg en eweneens al die ander. As God dus steeds in alles oneindige dinge skep volgens Sy Allerhoogste Wysheid en eindelose Mag, kan iemand dan sê dat die ewige en eindelose skepping uit God iets nutteloos is? Julle eie alledaagse lewensbehoeftes leer julle al die suiwer teendeel, omdat julle nie sonder voedsel sou kon bestaan nie! - Verstaan jy nou, waarom God voortdurend so eindeloos baie skep?'

6. Die Fariseër sê nou baie verbaas: 'Ja, Heer en Leraar, dit sien ek nou goed in en ek bewonder U Wysheid ten diepste, - ek moet slegs nou tog openlik sê dat ek begin te huiwer vir die eindelose grootte en mag van die Skepper, en ek vra U slegs nog of God ewig deur bly skep; want volgens U kom daar bykans geen einde aan die skepping nie. Daarom vra ek U om dit ietwat duideliker vir my te maak, omdat ek andersins heeltemal duiselig kan word daarvan.'

7. Ek sê: 'Dit kon jy wel vanuit My uitleg uitmaak. As God ewig is, dan sal Hy ook beslis van ewigheid af geskape het! Want wat sou Hy anders in die ewigheid vóór die tyd van die deur jou veronderstelde skepping van hierdie wêreld, van die son, die maan en alle sterre gedoen het, terwyl Hy tog ewig op dieselfde wyse volmaak was?!

8. God is geestelik ewig en oneindig. Alles ontstaan en bestaan uit Hom, alles is in Hom, alles is die ewige, eindelose oorvloed van Sy gedagtes en idees van die kleinste tot die grootste. Hy dink hulle in die heldere lig van Sy selfbewussyn en wil dat hulle werklikheid word, en dan is dit reeds, wat dit as oerbegin moet wees. Daarby lê Hy dan die ligkiem van Sy liefde daarin in `n sekere sin uit Sy persoonlikheid na buite gebringe gedagtes en idees, maak hulle lewend, sodat hulle dan as selfstandige wesens bestaan, en lei hulle dan deur Sy voortdurende en steeds groot geestelike invloed tot die hoogste moontlike trap van die onverwoesbare selfstandigheid.

9. Hierdie wesens is dan - omdat die goddelike liefde in hulle, hulle lei en in stand hou - self ook vol skeppende krag, reproduseer hulleself en kan hulleself tot in die oneindige vermeerder. En elke wese wat uit hulle ontstaan, lyk nie net soos die voortbringer nie, soos kinders na hulle ouers nie, maar is ewe-eens toegerus met dieselfde eienskappe, wat daartoe dien dat verwekker en verwekte die goddelike liefde in hulleself vermeerder, wat maklik moontlik is. Daardeur kan hulle uiteindelik heeltemal uit die materie in die suiwer geestelike oorgaan en in die geheel aan God gelyk word en tog sy individuele selfstandigheid behou, en dit vir ewig.

10. So keer die eens na buitegebringde gedagtes en idees van God weer volledig na en in God terug, maar nie meer suiwer soos wat hy na buite gebring het nie, maar as volledige lewende, van homself duidelik bewuste en self handelende wesens, wat dan heeltemal, soos van God onafhanklik, op sigself kan bestaan, werk en handel, - en daarom het Ek dan ook vir My leerlinge gesê: 'Word net so volmaak soos julle Vader in die hemel volmaak is!'

11. Ek doen nou groot dinge voor julle oë en ore; maar julle self sal nog groter dinge doen in My Naam, wat die Liefde van God in julle harte is, waarsonder niemand iets effektief vir die ewige lewe kan doen nie, omdat die Liefde van God die eintlike, onverwoesbare lewe, sowel in God Self, as in elke uit God ontstaande wese is.

12. Maar al die eens aardse geskapenes vind as sodanig dan eers hulle einde, as hulle vervul word met die goddelike liefde en langsaam maar sekerlik oorgegaan het in die suiwer geestelike; en so sal ook hierdie aarde nie vir ewig bestaan nie, maar langsaam maar seker in die geestelike oorgaan. Maar volgens die tydsberekening van hierdie aarde sal dit vir julle huidige verstand nog baie lank duur totdat die vuur van die goddelike liefde alle materie in haar oorspronklike geestelike opgelos het.

13. Die oplossing van `n wêreld sal egter op gelyke wyse plaasvind soos waarop elke ander aardse wese opgelos word, waarby die uiterlike dood gaandeweg steeds meer intree en sigbaar word. As jy na `n boom kyk, sal jy sien dat hy langsaam maar sekerlik versiek. Hy word oud en verrot, slegs `n paar takke vertoon nog lewe, ander is vrot en vermolm en val met verloop van tyd van die stam af. Mettertyd word die stam ook gedeeltelik verrot en gaan dood, en dit gaan net so lank aan totdat die hele boom uiteindelik verrot, vermolm en op sigself dood is. Maar selfs as boom, wat op sigself reeds volkome dood is, bevat hy tog nog lewensgeeste; daarom sal julle, as hy deur die storm omgewaai in die bos lê, mos en ander kruidgewasse uit hom sien groei; ook sal allerlei wurms hom inwendig deurboor; en selfs `n groot aantal insekte knaag en teer solank op die vleis en murg van die gestorwe boom as wat daar nog iets aan sit, totdat daar miskien na honderde jare van die hele boom geen spoor meer te vinde is nie.

14. So, ook al is dit dan groot in omvang, sal dit ook gaan met `n sterwende en uiteindelik heeltemal gestorwe wêreld. Maar waar `n boom sterf, groei baie gou `n ander in sy plek. So vergaan daar dus ook `n wêreld, - maar dan kom daar een, en kom daar selfs `n aantal ander, in haar plek en neem die oorgeblewe lewensgeeste van die hele gestorwe en volledig tot niet gegane ou wêreld op om hulle verder te versorg en te ontwikkel. En kyk, so kom daar aan die eintlike skepping ewiglik geen einde nie, omdat God ook ewig nooit kan ophou om in Sy ewige onbegrensde Liefde en Wysheid te dink en te wil en lief te hê nie!

15. Ek dink dat dit nou wel vir elkeen heeltemal verstaanbaar moet wees! Vir hulle vir wie dit tog nog te onverstaanbaar mag wees, sê Ek nog bowendien: Dink jouself in as `n ewige jeugdige kragtige onsterflike en voortlewende op `n wêreld! Sal jy ooit ophou met dink en wil? Sal jy ooit heeltemal niks gaan doen nie, of sal jy jou nêrens meer wil geniet nie? Beslis nie, maar jy sal steeds meer gaan doen, ywerig besig wees en alles daarvoor gee om jou steeds meer en groot genoeë van die lewe te verskaf; want die liefde en die ware lewe van die liefde kan nooit rus nie, maar moet besig wees, omdat die lewe self niks anders is as om deurlopend besig te wees nie.

16. Laat niemand van julle daarom dink dat hy hom eenmaal aan die ander kant in `n ewige passiewe, soete rus sal bevind nie; want dit sou juis die ware dood wees vir die gees of die siel. Hoe geesteliker `n mens innerlik word, hoe aktiewer word hy ook, en dit deur en deur. As dit egter in hierdie wêreld al sigbaar en duidelik herkenbaar die geval is, hoeveel te meer sal dit dan aan die ander kant nie die geval wees nie, waar geen swaar liggaam die siel in haar besigwees sal belemmer nie! - Wel, sê nou of jy dit goed verstaan het!'

Hoofstuk 226 Mobiele weergawe Kommentaar