Help

jakob-lorber.cc

Inleiding Die Aarde

Die toringklok; `n Gelykenis

Ontvang deur Jakob Lorber op 4-6-1847

1. Op `n hoë toring in `n stad laat `n hertog `n pragtige klok inbou. Omdat die toring agthoekig was, laat hy aan elk van die agt vlakke, wat natuurlik tussen die agt hoeke val, `n wyserplaat maak, sodat elkeen vanuit alle moontlike plekke, die korrekte tyd kon sien en so die uur van die dag presies op die minuut en sekonde kon vasstel.

2. Behalwe die korrekte tydsindeling van die uur tot op die sekonde gee die klok ook die dag van die maand aan, die stand van die maan en ook die van die ander planete, asook die daaglikse duur van die lig vanaf die opgang tot by die ondergaan van die son, en bowendien ook die vier jaargetye, maar natuurlik al die astronomiese gegewens op afsonderlike, onder die hoofplaat, vir die tyd aangebringde, astronomiese wyserplaat.

3. Maar naas alles wat hierdie klok op haar wyserplaat vertoon het, het sy ook `n voortreflike slagwerk gehad vir ure en kwartiere en bowendien ook nog `n suiwer klokkespel en vir die uitermate gekompliseerde kunstige meganisme slegs een enkele aandrywingsgewig; kortom, `n soortgelyke klok soos hierdie was ook nêrens ter wêreld te vinde nie!

4. Dit is egter nie ter sake nie, ook nie dat sy so `n veelsoortige diens so besonder goed verrig nie; maar dat al hierdie onderling baie verskillende verrigtings, slegs deur een en dieselfde aandrywingsgewig in die korrekte beweging geplaas was, dit was nou eintlik wat so wonderbaarlik aan hierdie klok was.

5. `n Vreemdeling wat in hierdie stad aankom, sien allereers hierdie oral sigbare klok en hy vra aan die eerste wat hy teëkom, hoeveel dryfvere en gewigte hierdie klok wel sou hê. Toe die mens hom antwoord: “Slegs een!", was hy totaal oorbluf en ongelowig en sê: “Dit is onmoontlik! Soveel en sulke verskillende werkings en maar een aandrywingskrag?! Nee, nee, dit kan nie wees nie, dit is onmoontlik!"

6. `n Ander vreemdeling weer, kom en besigtig die klok en verwonder homself bomate toe die mense hom vertel wat die klok alles aan die werk hou. Hy dag dat elke wyserplaat sy eie aandrywingsmeganisme moes hê, waardeur die toring natuurlik net met verskillende klokke volgeprop moes wees. Toe mense hom ewenwel sê, dat slegs een aandrywingskrag alle wysers in beweging bring, word hy baie kwaad, omdat hy gedink het dat die mense hom, vanweë sy onkunde, vir die gek gehou het en hy gaan weg en vra nie verder na die uurwerk nie.

7. En weer kom `n ander uit `n vreemde streek, bewonder hierdie klok en vra na die meester daarvan. Mense gee hom as antwoord; “Die meester van hierdie klok was `n baie eenvoudige boer en dit is nie seker of hy kon lees en skryf nie!"

8. Die goeie antwoord maak die vreemdeling so woedend, dat hy daarop swyg en vinnig weggaan, omdat hy nie gekom het om as dom dwaas op so `n gewigtige manier met homself die spot te laat dryf nie.

9. En so kom daar nog baie meer, wat vra soos die eerste. Wanneer die mense hulle egter in die geheim van die kunswerk wil inwy, vererg hulle hulleself net en sê: “Ons kan dit nie glo nie, voordat ons dit nie met ons eie oë gesien het nie!”

10. Wel, nou bring mense hulle na die toring. Maar met die aanskou van die byna tallose ratwerke, die baie hefbome, silinders, hake, stange en nog duisend ander meganiese installasies en verbindings, raak hulle letterlik buite hulle sinne en skreeu: “Wie kan dit verstaan en begryp? Dit kon geen mens gemaak het nie! Daarvoor is honderd menselewens nodig, om maar net die onderdele van die werk te tel, om nie eers te praat van die maak nie!" En al hierdie vreemdelinge gaan totaal verdwaas weg.

11. Slegs weiniges laat hulleself oor die werk leer, hoewel vir hierdie beter (klas) mense, die te eenvoudige en onwetenskaplike opgeleide meester van die werk min of meer `n steen des aanstoots bly.

12. Wat leer die beeld ons? Wat is haar diepere betekenis? Daaroor mag elkeen bietjie nadink en homself so oefen in die opsoek van die verborge waarhede en daarin soveel as wat vir hom moontlik is, ontdek, totdat die algehele oplossing op die regte tyd gegee sal word! Amen.

Inleiding Mobiele weergawe Kommentaar