As jy `n liggaam, van welke vorm ookal, met `n ondersoekende blik bekyk, sal jy gou merk dat daar drie dinge aan die voorwerp beskou kan word. Ten eerste sy buitekant, dit is onder andere die vorm met alle natuurlike kenmerke, soos omvang, oppervlakte en kleur van die oppervlak. Verder het dit `n bepaalde volume wat volgens lengte, breedte en hoogte meetbaar is, welke volume, na gelang van die aard van die liggaam, duidelik `n gewig of swaarte in `n bepaalde rigting laat sien. – Die Aarde, Hoofstuk 1, Paragraaf 1
|