Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Aarde

3. Die derde punt is die werklike sentrum van `n liggaam wat jy egter nooit met die swaartepunt mag verwar nie; daarom het elke liggaam twee middelpunte, naamlik een volgens sy gewig en een volgens sy afmetings. Jy kan allerlei soorte liggame ondersoek, maar jy sal nooit aantref dat die swaartepunt en die gemete sentrum saamval nie, selfs nie by `n wiskundig volkome korrekte gegote metaalbal nie, omdat geen enkele liggaam uit sulke volkome gelyke dele bestaan nie, dat daarin die swaartepunt en die eintlike meetkundige middelpunt volkome met mekaar sou saamval nie.

4. Neem byvoorbeeld suiwer staal - een van die mees soliede metale - breek so `n staaf in twee stukke en jy sal op die breekvlak, by `n sterk vergroting, die onreëlmatige kristalvorm herken wat sekerlik met die blote oog gelykvormig sal lyk; maar deur `n mikroskoop bekyk, sal die breukvlak lyk soos wat mense vanaf `n hoë berg onder hom allerlei min of meer groot en klein verhogings sal ontdek. As so `n verskil egter al in die kristalvorm van een van die mees vaste metale waargeneem kan word, hoeveel groter sal die onderskeid dan nie wees by minder vaste liggame nie, waarvan die bou van die kristalle tussen groot en klein, dig en minder dig, dikwels al met die blote oog waarneembaar is; en dus is die hierbo gegewe stelling, dat die swaartepunt en die meetkundige middelpunt nooit met mekaar kan saamval nie, des te meer waar.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar