Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 70 Die Aarde

Die Godsryk en die wedergeboorte

20-4-1847

1. Baie mense sê: “Dit sou wel goed wees om na die Godsryk te soek, as dit op een of ander manier makliker en met meer sukses te vinde sou wees en as daar iewers in `n kerk of ander Christelike gemeentes `n werklike regte weg na die ryk van God aangetref sou word." Maar Rome sê: “Ek is die enigste regte weg!", en dit sê ook elke ander kerk op sigself. Gaan mens egter langs een van hierdie weë, wat na die Godsryk moet voer, dan vind mens alles, behalwe die beloofde ryk van God, tenminste nie soos dit hom sou moet manifesteer by elke mens wat dit in erns wou gevind het nie. Daarop sê Ek egter: Wie so spreek, het nie heeltemal ongelyk nie, want as iemand `n saak, al is dit hoe kosbaar, te lank soek en haar tog nie vind nie, dan gee hy mettertyd die soeke en ook die kosbare saak op. Wie se skuld is dit egter? Die van die soekende self, wanneer hy die ryk van God nie daar soek waar dit te vinde is en nie in dit waarin dit te vinde is nie.

2. Rome is volstrek nie die weg daarheen nie, nóg Londen of Berlyn en Petersburg ook nie; want daar staan duidelik genoeg geskrywe, dat die ryk van God nie met uiterlik pragvertoon kom nie, maar in die innerlike van die mens. Die grondsteen is Christus, die enige God en Heer van hemel en aarde en tyd en ewigheid in ruimte en oneindigheid.

3. In Hom moet die hart glo, Hom bo alles liefhê en die naaste soos jouself.

4. Het die mens in sy hart hierdie baie eenvoudige eis vervul, dan het hy al God se ryk gevind. Oor die verdere en die res hoef die mens hom dan nie meer te bekommer nie; dit word vir hom daarby gegee as hy die een of ander nodig sou hê.

5. Vir wie wysheid nodig het, word dit gegee, wanneer en waar hy dit nodig het. Het iemand bepaalde uiterlike hulpmiddele nodig vir sy lewensonderhoud, dan sal dit hom op die korrekte tyd en volgens die korrekte maat toegewys word. Het iemand raad of troos nodig, - dan sal dit hom toebedeel word, wanneer hy dit maar nodig het.

6. Sou iemand by `n bepaalde geleentheid `n vreemde taal moet gebruik, - ook daarmee sal hy gehelp word; en wil hy siekes help, dan het hy niks anders nodig as My Naam en sy hande nie.

7. Dit spreek vanself dat geen mens, solank hy in die vlees leef, ook al was hy honderd keer wedergebore, hierdie voordele eiemagtig in die hand kan hê nie, maar slegs dan, as hy die een of ander werklik in erns nodig het.

8. Elkeen sal goed insien dat Ek My genade vir niemand vir die grap sal gee nie; want die wedergeborene, ook al het hy die ryk al tienmaal gevind, moet net so goed as elke ander tot My kom as hy iets wil hê, net soos Ekself, toe Ek in die vlees op aarde was, nie kon en mag gedoen het wat Ek wou nie, maar slegs wat Die Een wou, wat My gestuur het. Hy was wel in My, soos Ek in Hom; maar dit was die Gees van God as Vader van die ewigheid. Ek was en is egter Sy siel. Sy besit wel haar eie kennis en bekwaamheid as synde die hoogste siel en die mees voleindigde siel van alle siele, maar tog mag hierdie siel nie doen wat sy wil nie, maar slegs dit, wat Hy wil van Wie Ek uitgegaan het. Al wou die siel ook die laaste bitter kelk tersyde geskuif het, dan tog wou Hy, wat in My was, dit nie toegelaat het nie; daarom het My siel ook dit gedoen wat Hy wat in My was, gewil het.

9. Daarom moet mense hulle onder `n wedergebore mens nie een of ander permanente wonderdoener voorstel en ook nie iemand wat, omdat hy die ryk van God in hom het, met `n versinde, sogenaamde stralekrans omgewe, wat nooit bestaan het, nóg om die hoof en nóg minder om die buik, dus moet jy hom nie voorstel soos julle heilige beelde nie.

10. Ook is na die dood van die liggaam van `n wedergeborene, geen wondertekens van heiligheid te ontdek nie, wat veral in die roomse heilige legendes so geprys word. Dus geen tenminste een keer per jaar die opborrelende bloed van die heilige Januarius, geen in goeie staat geblewe tong van Petrus, Antonius of Nepomicenus, geen wonder veroorsakende klere of sandale en nog minder een of ander saligmakende Kapucyner-, Franciskaner-, Minoriete-, Serviete- en nog meer soortgelyke monnikspye (kleed) nie; ook geen mummieagtige, aan ontbinding onderhawige afgelegde liggame nie. Dit alles is nie by die wedergeborene te vinde nie en as dit te vinde sou wees, dan moet elke verstandige mens hom maar net afvra waarvoor dit goed sou wees! Wat sou die salige gees van `n wedergeborene daarby wen, as hom op aarde sulke wonderbaarlike, maar daarby niksseggende onderskeidinge te beurt sou val, wat ten eerste geen nut vir homself het nie, maar sy nog lewende broeders ernstig sou skaad? Dus van dit alles het diegene wat God se ryk gevind het, niks in hulle nie, maar soos gesê was, My genade kry hulle dan eers sigbaar, wanneer hulle dit nodig het.

11. Ook moet julle jul diegene, wat My ryk na `n lang soeke gevind het, nie as `n soort Kartuisers of Trappiste voorstel nie, wat in alle opsigte vir die wêreld volkome afgestorwe sou wees en hulle met niks meer besighou as met rosekranse, misse en litanieë, met belaglike vastings, veragting vir die vroulike geslag, en streng vervloeking van sondaars en as tydverdryf die beskouing van hulle graftes en doodkiste.

12. O, dit is geen tekens van wedergeboorte nie, maar inteendeel uitwasse van die duisternis in hulle! Die lig van die wedergeborene ken geen donker kante van die lewe nie; want in hom is dit oral soos `n klaarligte dag.

13. Graf en doodkis is nie die kentekens van `n wedergeborene wat die ryk van God gevind het nie; want daar vind mense nóg grafte nóg doodkiste, omdat daar geen dooies is nie. Daar is maar net `n ewige opstanding en `n ewige lewe en daarvoor is geen graf of doodkis nodig nie. Want die wedergeborene leef al voortdurend in die gees en beskou die wegval van sy liggaam net so min as `n sterwe, as wat `n mens sy jas in die aand uittrek, of beter nog, as `n lasdraer met `n swaar las, wat hy, as hy op sy bestemming aangekom het, weer neerlê, dit as 'sterwe' sou ervaar.

Hoofstuk 70 Mobiele weergawe Kommentaar