Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 70 Die Aarde

Die Godsryk en die wedergeboorte

20-4-1847

1. Baie mense sê: “Dit sou wel goed wees om na die Godsryk te soek, as dit op een of ander manier makliker en met meer sukses te vinde sou wees en as daar iewers in `n kerk of ander Christelike gemeentes `n werklike regte weg na die ryk van God aangetref sou word." Maar Rome sê: “Ek is die enigste regte weg!", en dit sê ook elke ander kerk op sigself. Gaan mens egter langs een van hierdie weë, wat na die Godsryk moet voer, dan vind mens alles, behalwe die beloofde ryk van God, tenminste nie soos dit hom sou moet manifesteer by elke mens wat dit in erns wou gevind het nie. Daarop sê Ek egter: Wie so spreek, het nie heeltemal ongelyk nie, want as iemand `n saak, al is dit hoe kosbaar, te lank soek en haar tog nie vind nie, dan gee hy mettertyd die soeke en ook die kosbare saak op. Wie se skuld is dit egter? Die van die soekende self, wanneer hy die ryk van God nie daar soek waar dit te vinde is en nie in dit waarin dit te vinde is nie.

2. Rome is volstrek nie die weg daarheen nie, nóg Londen of Berlyn en Petersburg ook nie; want daar staan duidelik genoeg geskrywe, dat die ryk van God nie met uiterlik pragvertoon kom nie, maar in die innerlike van die mens. Die grondsteen is Christus, die enige God en Heer van hemel en aarde en tyd en ewigheid in ruimte en oneindigheid.

3. In Hom moet die hart glo, Hom bo alles liefhê en die naaste soos jouself.

4. Het die mens in sy hart hierdie baie eenvoudige eis vervul, dan het hy al God se ryk gevind. Oor die verdere en die res hoef die mens hom dan nie meer te bekommer nie; dit word vir hom daarby gegee as hy die een of ander nodig sou hê.

5. Vir wie wysheid nodig het, word dit gegee, wanneer en waar hy dit nodig het. Het iemand bepaalde uiterlike hulpmiddele nodig vir sy lewensonderhoud, dan sal dit hom op die korrekte tyd en volgens die korrekte maat toegewys word. Het iemand raad of troos nodig, - dan sal dit hom toebedeel word, wanneer hy dit maar nodig het.

Hoofstuk 70 Mobiele weergawe Kommentaar