Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 70 Die Aarde

Ook is na die dood van die liggaam van `n wedergeborene, geen wondertekens van heiligheid te ontdek nie, wat veral in die roomse heilige legendes so geprys word. Dus geen tenminste een keer per jaar die opborrelende bloed van die heilige Januarius, geen in goeie staat geblewe tong van Petrus, Antonius of Nepomicenus, geen wonder veroorsakende klere of sandale en nog minder een of ander saligmakende Kapucyner-, Franciskaner-, Minoriete-, Serviete- en nog meer soortgelyke monnikspye (kleed) nie; ook geen mummieagtige, aan ontbinding onderhawige afgelegde liggame nie. Dit alles is nie by die wedergeborene te vinde nie en as dit te vinde sou wees, dan moet elke verstandige mens hom maar net afvra waarvoor dit goed sou wees! Wat sou die salige gees van `n wedergeborene daarby wen, as hom op aarde sulke wonderbaarlike, maar daarby niksseggende onderskeidinge te beurt sou val, wat ten eerste geen nut vir homself het nie, maar sy nog lewende broeders ernstig sou skaad? Dus van dit alles het diegene wat God se ryk gevind het, niks in hulle nie, maar soos gesê was, My genade kry hulle dan eers sigbaar, wanneer hulle dit nodig het. – Die Aarde, Hoofstuk 70, Paragraaf 10

Hoofstuk 70 Mobiele weergawe Kommentaar