Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 70 Die Aarde

13. Graf en doodkis is nie die kentekens van `n wedergeborene wat die ryk van God gevind het nie; want daar vind mense nóg grafte nóg doodkiste, omdat daar geen dooies is nie. Daar is maar net `n ewige opstanding en `n ewige lewe en daarvoor is geen graf of doodkis nodig nie. Want die wedergeborene leef al voortdurend in die gees en beskou die wegval van sy liggaam net so min as `n sterwe, as wat `n mens sy jas in die aand uittrek, of beter nog, as `n lasdraer met `n swaar las, wat hy, as hy op sy bestemming aangekom het, weer neerlê, dit as 'sterwe' sou ervaar.

14. Om hierdie rede bestaan die dood nie meer vir `n wedergeborene nie. Dit is wel `n heerlike simptoom van die wedergeboorte, maar dit bevind hom binne in die mens en word nie soos `n moderne Paryse jas vir die ‘show’ gedra nie. Ook word die heerlike teken nie as `n sogenaamde gewaad in Trieer ten toon gestel nie, maar is, soos alreeds gesê, inwendig.

Hoofstuk 70 Mobiele weergawe Kommentaar