Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 70 Die Aarde

19. Mense met die sogenaamde tweede gesig kan mens nie as wedergeborenes beskou, slegs op grond van hulle tweede gesig nie. Die tweede gesig vloei voort uit die gevoeligheid van hulle senuwee gestel, waardeur die siel baie maklik, deur middel van die senuweegees, beelde uit die gebied van die siel in die organisme van die liggaam oordra, omdat juis sulke maklik geprikkelde senuwees in so `n geval nie hinderlik optree nie. Sterk senuwees kan dit gladnie doen nie, vandaar ook dat mense met `n sterk senuwees, selde of ooit die sogenaamde tweede gesig kry nie.

20. Die tweede gesig is dus by `n mens wat dit besit, nóg as iets goeds, nóg as iets boos te beskou, maar dit is `n soort siekte van die liggaam wat die mense meestal oploop deur allerlei nare gebeurtenisse tydens hulle aardse lewe. Groot droefheid, lang aanhoudende angs, groot skrik en dergelike dinge meer, is gewoonlik die oorsake daarvan, maar soms ook kunsmatige middele soos magnetisme, dronkenskap en so nou en dan verdowing deur vreemde narkotiese kruie. Kort en goed, soortgelyke tekens moet mens in ieder geval nie as tekens van wedergeboorte opvat nie. Dit is reeds daaruit af te lei, dat sulke visioenêre die beelde wat hulle sien, wel ongeveer so vertel soos wat hulle dit voor hulle sien, maar in al hulle vertellings is nêrens `n vaste grond te ontdek waarop dit gefundeer is nie. Ook ontbreek dit by hierdie vertellings aan samehang, al klink dit hoe merkwaardig, dit lê deurmekaar soos neergevalle blare in `n bos.

Hoofstuk 70 Mobiele weergawe Kommentaar