Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 71 Die Aarde

Hier sou iemand weer kan vra: Dus, mens kan `n wedergeborene altyd die volste vertroue skenk as hy toekomstige dinge voorspel!? Of moet mens ook sulke voorspelling in ligtelike twyfel trek? Daarop sê Ek: As die wedergeborene sê: “Doen dit", doen dit dan. As hy egter sê: “Dit of dat sal gebeur", en hy het nie daarby gesê ‘indien’ nie, glo hom dan nie; want dan is hy geen egte wedergeborene nie. Want alles wat gebeur en sal gebeur, geskied voorwaardelik, waardeur daar ook, met betrekking tot `n toekomstige gebeurtenis, nêrens `n vaste onveranderlike voorspelling gedoen kan word nie; sou naamlik iets, wat daar gaan gebeur, met sekerheid voorspel word, dan sou die wêreld in die diepste oordeel wees, en alle vryheid sou verlore wees. Dit weet `n egte wedergeborene baie goed en hy sou daarom teen sy suiwerste insig profeteer, dus kennelik lieg, as hy `n bepaalde gebeurtenis met stelligheid sou voorspel. – Die Aarde, Hoofstuk 71, Paragraaf 1

Hoofstuk 71 Mobiele weergawe Kommentaar