Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 71 Die Aarde

11. As Ek iemand egter roep om te profeteer, moet hy nie so eiewys wees sodat hy eiemagtig ietwat daaraan toevoeg of iets daarvan weglaat nie; want as hy dit sou doen, dan sou dit baie sleg met hom gaan. Daarom is dit gladnie maklik om `n profeet te wees nie. `n Baie nuttelose en skadelike mens is die een, wat uit eie mag profeteer, of hom die goddelike regteramp daarby toe-eien.

12. Wie dit doen, is `n suiwer booswig en sal in dieselfde oordeel beland as waartoe hy sy broeders veroordeel het. Wie verdoem, sal verdoem word. Wie oordeel met die hel, die sal sy eie oordeel in die hel vind; wie tot die dood veroordeel, die sal die dood vind; wie met die swaard oordeel, sal met die swaard veroordeel word, en wie met duisternis oordeel sal in die uiterste duisternis uitgestoot word en daar sal `n geween en tandegekners wees. - Wie egter nie geoordeel wil word nie, hulle oordeel ook nie.

Hoofstuk 71 Mobiele weergawe Kommentaar