Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 71 Die Aarde

12. Wie dit doen, is `n suiwer booswig en sal in dieselfde oordeel beland as waartoe hy sy broeders veroordeel het. Wie verdoem, sal verdoem word. Wie oordeel met die hel, die sal sy eie oordeel in die hel vind; wie tot die dood veroordeel, die sal die dood vind; wie met die swaard oordeel, sal met die swaard veroordeel word, en wie met duisternis oordeel sal in die uiterste duisternis uitgestoot word en daar sal `n geween en tandegekners wees. - Wie egter nie geoordeel wil word nie, hulle oordeel ook nie.

13. Sou iemand egter sê, dat hy deur My gemagtig is om te oordeel, die sê Ek dat hy `n ewige leuenaar is, want Ek het My wedergeborenes, apostels en leerlinge slegs `n mag van die grootste naasteliefde gegee, wat Ek gelykgestel het met die liefde tot My. Hierdie hoogste graad van naasteliefde is My Gees in die hart van diegene wat in My glo, My liefhet en terwille van My ook hulle broeders. Kragtens hierdie liefde, wat My Gees in die mens is, het elkeen dit aan sy plig verskuldigde reg, om sy vyande so dikwels hy wil van ganser harte te vergewe; en so dikwels as wat `n mens sy vyande vergewe het deur My Gees in hom, so dikwels sal dit ook in alle hemele aan die sondaar vergewe wees.

Hoofstuk 71 Mobiele weergawe Kommentaar