Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 71 Die Aarde

13. Sou iemand egter sê, dat hy deur My gemagtig is om te oordeel, die sê Ek dat hy `n ewige leuenaar is, want Ek het My wedergeborenes, apostels en leerlinge slegs `n mag van die grootste naasteliefde gegee, wat Ek gelykgestel het met die liefde tot My. Hierdie hoogste graad van naasteliefde is My Gees in die hart van diegene wat in My glo, My liefhet en terwille van My ook hulle broeders. Kragtens hierdie liefde, wat My Gees in die mens is, het elkeen dit aan sy plig verskuldigde reg, om sy vyande so dikwels hy wil van ganser harte te vergewe; en so dikwels as wat `n mens sy vyande vergewe het deur My Gees in hom, so dikwels sal dit ook in alle hemele aan die sondaar vergewe wees.

14. As mens egter `n groot vyand het, by wie elke vergewing vrugteloos is, dan moet die mens sê: “Die Heer sal jou vergeld volgens jou werke!", en daarin bestaan die behoud van sy sonde.

15. Ek vra u: “Is hierdie volmag wel `n regterlike amp wat verleen word?". O nee, dit is slegs `n volmag van die hoogste naasteliefde, of van `n liefde wat ooreenkom met My goddelike liefde - maar in die ewigheid geen amp van `n regter, wat Ekself ver van My geskuif het en daarom nog baie minder aan `n mens toebedeel het.

16. Ek het hierdie hoogste liefdesvolmag juis daarom uit My groot liefde aan die mens gegee, sodat die mense onder mekaar des te makliker ware broeders sou kon word in My Naam. Want by die Judeërs kon niemand `n sonde, wat `n mens aan `n ander begaan het, weer versoen het nie, behalwe die hoëpriester en dit slegs op bepaalde tye en deur bepaalde offers. Twee mense wat teenoor mekaar gesondig het, het solank vyande gebly, totdat die priester en die offer hulle versoen het.

Hoofstuk 71 Mobiele weergawe Kommentaar