Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 71 Die Aarde

15. Ek vra u: “Is hierdie volmag wel `n regterlike amp wat verleen word?". O nee, dit is slegs `n volmag van die hoogste naasteliefde, of van `n liefde wat ooreenkom met My goddelike liefde - maar in die ewigheid geen amp van `n regter, wat Ekself ver van My geskuif het en daarom nog baie minder aan `n mens toebedeel het.

16. Ek het hierdie hoogste liefdesvolmag juis daarom uit My groot liefde aan die mens gegee, sodat die mense onder mekaar des te makliker ware broeders sou kon word in My Naam. Want by die Judeërs kon niemand `n sonde, wat `n mens aan `n ander begaan het, weer versoen het nie, behalwe die hoëpriester en dit slegs op bepaalde tye en deur bepaalde offers. Twee mense wat teenoor mekaar gesondig het, het solank vyande gebly, totdat die priester en die offer hulle versoen het.

17. Dit was vir die mense, wat dikwels baie dagreise van Jerusalem af gewoon het, `n vervelende omstandigheid - wat weliswaar meer `n verkeerde opvatting van die wet as die wet self was. Om die ou misbruik van die wet kragtig teen te gaan en die mense hulle las soveel moontlik te verlig, het Ek daarom derhalwe aan elke mens die hoogste goddelike liefdesmag gegee, sodat elkeen diegene wat hom beledig het, van ganser harte kan vergewe en hierdie vergiffenis geld ook vir alle hemele.

Hoofstuk 71 Mobiele weergawe Kommentaar