Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 71 Die Aarde

17. Dit was vir die mense, wat dikwels baie dagreise van Jerusalem af gewoon het, `n vervelende omstandigheid - wat weliswaar meer `n verkeerde opvatting van die wet as die wet self was. Om die ou misbruik van die wet kragtig teen te gaan en die mense hulle las soveel moontlik te verlig, het Ek daarom derhalwe aan elke mens die hoogste goddelike liefdesmag gegee, sodat elkeen diegene wat hom beledig het, van ganser harte kan vergewe en hierdie vergiffenis geld ook vir alle hemele.

18. Wie kan nou `n volmag hierin sien tot die amp van regter? As Ek so-iets sou gedoen het, sou Ek Myself dan nie teengespreek het, as Ek aan die een kant al die wat oordeel, veroordeel het en aan die ander kant dit tog aanbeveel het as absoluut noodsaaklike voorwaarde om salig te word? So-iets sou nouliks van `n onnosele mens te verwag wees, laat staan van die Allerhoogste Wysheid.

19. Toe Ek gesê het: 'Ontvang die Heilige Gees' het dit beteken en dit beteken nog: 'Neem die hoogste krag van My goddelike liefde! Wat jy ontbind op aarde, dit is ontbonde en daar is dan verder geen offer en geen hoëpriester meer nodig nie, en wat jy aan jou hart bind en wat jy in die wêreld bind, dit sal ook in die hemel gebonde wees!”

20. Hier moet mens onder 'ontbind' en 'bind' nie die vergewing en die voorbehoud van `n sonde verstaan nie, maar die ontbinding is `n vrymaak en die bind is `n aanvaarding.

21. As iemand My byvoorbeeld ietwat verskuldig is, soos die een mens aan die ander, dan kan die mens die ander van die skuld vrymaak. Of as daar `n heiden is, dan kan `n Christen hom, as hy Christus bely, volkome vry maak en hom dadelik in die gemeente opneem of hom met alle krag van die goddelike liefde in die hart bind. Hiertoe het iedere reggelowige Christen wat in My glo, My liefhet en in My Naam gedoop is, die volste reg, sonder om hulle daarby tot die hoëpriester te wend, wat vroeër alleen die reg gehad het om vreemde heidene in Israel op te neem deur die besnydenis.

22. So `n volmag word daarom verleen - soos hiervoor aangetoon word - om die mense se lewe soveel moontlik te verlig en hulle oral die geleentheid te gee om hulle gewete te suiwer en `n welmoedige lewe te lei.

23. Maar wie kan hom daar nou `n nog moeiliker regterlike amp indink as die voormalige joodse? Waar dit bestaan het, het dit teen al My verordeninge in bestaan en diegene wat daaraan deelgeneem het, het homself geoordeel, as hy dink om daardeur van sy sondes verlos te word, as hy homself vrywillig laat oordeel het. So `n geregsinrigting het vir hulle tot `n ware spaarbank van sondes geword, want hoe kan `n derde persoon `n skuld kwytskeld, wat `n tweede aan die eerste skuldig is? Die eerste kan die tweede wel sy skuld kwytskeld, maar die derde kan dit in alle ewigheid nie doen nie. `n Derde kan egter wel, as die eerste en die tweede of die skuldeiser en die skuldenaar dom mense is, as vriend en bemiddelaar optree en kan hom met goeie raad en daad bystaan om alles te vereffen; maar van die vergewe van sonde kan nooit sprake wees nie - behalwe as die skuldeiser hom uit die grond van sy hart volmag daartoe gee.

24. As Jakobus egter volgens My gees `n wedersydse skuldbekentenis aanbeveel, is daaronder nog lank geen bieg te verstaan nie, maar slegs `n wederkerige vertroulike mededeling van eie gebreke en swakhede, om daarvoor van die sterker vriend en broeder in gees en in waarheid `n egte versterkende middel daarteen te verkry. Kyk, daarvoor het niemand priesterlike of eksorsistiese wyding nodig nie. Die apostelamp is slegs `n broederlike taak om die mense te onderrig, maar geen Hebreeuse en heidense goud-, silwer- en edelsteen vertoon nie.

25. Dat die lerare in die gemeente hulle in hulle grootste en rykste prag moet vertoon het Jakobus sekerlik nie bedoel, toe hy die gemeente aangeraai het om wedersydse swakhede en gebreke te beken nie. Hy wou daarby, naas die geneeskundige doeleindes, ook die wedersydse verdeemoediging bereik, sodat een broeder hom nie vir `n ander soos `n fariseër in die tempel sou voordoen nie, maar as `n deemoedige tollenaar.

26. Daar is dus geen sprake van bieg hier nie; maar dit is nie net die apostels nie, maar vir elkeen aan te raai, om as dit nodig is, te doen soos die regverdige rentmeester, wat naas ander dinge hoofsaaklik hieruit moet bestaan: As baie onnosele mense teenoor hulle broeder gesondig het, maar hy egter liggaamlik of geestelik gesterwe het, by welke omstandigheid daar van kwytskelding van skuld teenoor sy onnosele beledigers nie te dink is nie, dan kan `n derde na hierdie swakke toe gaan en hom die vermeende groot skuld baie klein maak. Dit sal aan hom `n werk van die ware Christelike barmhartigheid voltrek, veral as hy hom na My toe bring. In elke ander geval moet `n derde hom egter nooit opstel as `n skuldvergewer tussen twee broeders nie. As hy dit doen, dan sal alle sondes van beide op hom geplaas word, omdat hy sy wil volg en nie wil verbeter nie.

27. Dit word neergeskrywe om baie duidelik en maklik te begryp, hoe dit staan met die aanbevole vergewing van sondes. Nou volg nog meer hieroor en oor die valse profetedom.

Hoofstuk 71 Mobiele weergawe Kommentaar