Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 72 Die Aarde

11. Tot hierdie klasse behoort ook die valse profete wat vir die arme eenvoudige mense met groot erns en ywer preek: “Gaan hier of daarheen en doen `n sogenaamde bedevaart na een of ander heilige beeld en vergeet nie om volgens vermoë `n groot offer saam te neem nie, dan sal jy by die beeld, - gewoonlik Maria voorstellend - vergewing van jou sondes en nog ander onbeskryflike genade in oorvloed vir jou huisgesin verkry!"

12. As die arme blinde volk dan die eselsgebalk van so `n valse profeet hoor, dan leer die ervaring dat hele volkskares dit opvolg en op die plek waar die genade uitgedeel word, hoor mens dan gewoonlik `n nog groter eselsgebalk oor wonderwerke en tallose genadegawes en op hierdie manier word die gees van die volk dikwels heeltemal gedood en dan sê Ek: Sulke valse profete sal eens hulle verdiende loon kry; want hulle weet nie en wil nie weet, hoe mens God in gees en waarheid moet aanbid nie. Hulle is niks anders as deur die wêreld geprivilegeerde dienare van Mammon nie. Hul beeld, wat gewoonlik sleg en oneties deur mensehande vervaardig is, is vir hulle meer werd as God; want die beeld bring geld in - maar God nie, omdat Hy tog oral dieselfde is.

13. Hulle sal eens `n fariseërsloon kry. Almal wat soortgelyke dinge leer en die volk bring tot beeldeverering, is die mees volkome antichristene en valse profete wat elkeen moet verafsku soos die pes, omdat hulle die kuns verstaan om die volk deur allerlei uiterlike praal te betower en hulle gees deur valse wonderwerke te dood.

14. Daarom moet mense soortgelyke plekke nie besoek nie; want dit is vol besmetlike pes vir die gees.

15. Glo nie dat iemand daar hulp kan vind nie, maar net Ek kan tog help, wat die ewige vyand van alle afgodedom is. Hoe sou Ek dan aan `n houtbeeld, wat deur mensehande gemaak is, wonderkrag verleen? As Ek vir iemand wonderkrag sou wil gee, dan sou dit `n egte mens wees, nie aan `n beeldhouwerk, wat veel laer staan as die laagste dier nie, want dit het tenminste lewe en kan beweeg. Dit is selfs veel minder as `n grashalm of `n klip. Dit is wat dit is, dus in hulle orde; maar `n beeld is nie wat dit voorstel nie. Die beeld is van hout, maar stel `n mens voor en word vereer en aanbid, omdat die een wat dit voorstel, `n toonbeeld van deug was.

16. Dus is die beeldeverering `n nog afskuweliker afgodery as die van die ou heidene. Hulle maak wel gode van metaal, klip en hout, omdat hulle die ware God nie ken nie - `n innerlike behoefte aan `n ware God dwing hulle dus tot die vervaardiging van hierdie maaksels. Maar die teenwoordige mensdom het God en ken Hom en weet dat Hy alleen die Heer is en tog vereer hulle houtsnywerk. Wat moet mens vir sulke mense sê? Niks anders as: Julle is een met die aartsvyand van God, wat God baie goed ken, maar in plaas van om Hom lief te hê en Hom alleen te aanbid, verag en bestry julle Hom oral.

17. Maar die dommes sal hulle domheid nie aangereken word nie - maar des te meer diegene wat sien en lig het, maar tog nie wil sien nie en die lig uitdoof, waar dit hom ook maar bevind.

Hoofstuk 72 Mobiele weergawe Kommentaar