Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 72 Die Aarde

14. Daarom moet mense soortgelyke plekke nie besoek nie; want dit is vol besmetlike pes vir die gees.

15. Glo nie dat iemand daar hulp kan vind nie, maar net Ek kan tog help, wat die ewige vyand van alle afgodedom is. Hoe sou Ek dan aan `n houtbeeld, wat deur mensehande gemaak is, wonderkrag verleen? As Ek vir iemand wonderkrag sou wil gee, dan sou dit `n egte mens wees, nie aan `n beeldhouwerk, wat veel laer staan as die laagste dier nie, want dit het tenminste lewe en kan beweeg. Dit is selfs veel minder as `n grashalm of `n klip. Dit is wat dit is, dus in hulle orde; maar `n beeld is nie wat dit voorstel nie. Die beeld is van hout, maar stel `n mens voor en word vereer en aanbid, omdat die een wat dit voorstel, `n toonbeeld van deug was.

16. Dus is die beeldeverering `n nog afskuweliker afgodery as die van die ou heidene. Hulle maak wel gode van metaal, klip en hout, omdat hulle die ware God nie ken nie - `n innerlike behoefte aan `n ware God dwing hulle dus tot die vervaardiging van hierdie maaksels. Maar die teenwoordige mensdom het God en ken Hom en weet dat Hy alleen die Heer is en tog vereer hulle houtsnywerk. Wat moet mens vir sulke mense sê? Niks anders as: Julle is een met die aartsvyand van God, wat God baie goed ken, maar in plaas van om Hom lief te hê en Hom alleen te aanbid, verag en bestry julle Hom oral.

17. Maar die dommes sal hulle domheid nie aangereken word nie - maar des te meer diegene wat sien en lig het, maar tog nie wil sien nie en die lig uitdoof, waar dit hom ook maar bevind.

Hoofstuk 72 Mobiele weergawe Kommentaar