Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 72 Die Aarde

8. As `n mens sy foute en gebreke aan `n sogenaamde sielsvriend onder vier oë voorlê om van hom troos te kry en `n onmiddellike versekering, dat die sondes hom kwytgeskeld word as hy hom tot My wend met die ernstige voorneme om sulke sondes nie meer te begaan nie en die begane so moontlik aan sy broeder weer goed te maak deur `n opregte berou en so moontlik deur `n liefdevolle genoegdoening vir die aangedane belediging, dan wil Ek teen sodanige gebruik nie veel sê nie.

9. So `n biegvader sal vir My altyd baie dierbaar en baie waardevol wees. Daarvoor het mens geen geestelike nodig nie. Omdat `n geestelike egter die uitreiker van die Avondmaal meen te wees, kan hy natuurlik ook wel die werk van die onregverdige rentmeester op hom neem op die bo beskrywe manier, ewenwel sonder dat hy dit afkeur dat dieselfde amp ook deur `n ander broeder uitgeoefen word en vooropgestel dat dit op die bo beskrywe manier plaasvind. Maar as so `n onregverdige rentmeester-biegvader meen dat uitsluitlik hy die mag en die krag het om sondes kwyt te skeld, of om selfs `n sondaar, wat hom in sy vertroue geneem het, die kwytskelding te weerhou, om hom te veroordeel en om in die sogenaamde biegstoel hom as “plaasvervanger van God” te laat noem, die is `n booswig en `n siel- en geesdoder, omdat hy hom eiemagtig voor die hemelpoort opstel, om self nie na binne te gaan nie, maar ook niemand anders na binne toe te laat nie.

10. So iemand is soos die fariseërs, skrifgeleerdes en priesters van die Jode, wat die arme mense die grootste en swaarste laste opgelê het, omdat hulle maar net deur die sleep daarvan in die hemel kon kom, terwyl hulle self die las met geen vinger aangeraak het nie. Dit is mense, wat die poorte van die Godsryk versper en elkeen wat na binne wou gaan, met die helse vuur van die toorn terugdryf en self ook nie na binne wil gaan nie; daarvoor sal hulle ook, soos geskrywe staan, eens des te meer verdoem word.

Hoofstuk 72 Mobiele weergawe Kommentaar