Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 72 Die Aarde

So `n biegvader sal vir My altyd baie dierbaar en baie waardevol wees. Daarvoor het mens geen geestelike nodig nie. Omdat `n geestelike egter die uitreiker van die Avondmaal meen te wees, kan hy natuurlik ook wel die werk van die onregverdige rentmeester op hom neem op die bo beskrywe manier, ewenwel sonder dat hy dit afkeur dat dieselfde amp ook deur `n ander broeder uitgeoefen word en vooropgestel dat dit op die bo beskrywe manier plaasvind. Maar as so `n onregverdige rentmeester-biegvader meen dat uitsluitlik hy die mag en die krag het om sondes kwyt te skeld, of om selfs `n sondaar, wat hom in sy vertroue geneem het, die kwytskelding te weerhou, om hom te veroordeel en om in die sogenaamde biegstoel hom as “plaasvervanger van God” te laat noem, die is `n booswig en `n siel- en geesdoder, omdat hy hom eiemagtig voor die hemelpoort opstel, om self nie na binne te gaan nie, maar ook niemand anders na binne toe te laat nie. – Die Aarde, Hoofstuk 72, Paragraaf 9

Hoofstuk 72 Mobiele weergawe Kommentaar