Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 73 Die Aarde

Oor die daadwerklike geloof

27-4-1847

1. Dit geld egter nie net vir die pousdom nie, maar vir alle sogenaamde sektes en kerkgenootskappe. Want waar nie in Sy ware gees en in Sy waarheid verkondig word nie, daar heers `n vals profetedom, in plaas van `n ware kerk.

2. Ook al sê die een of ander sekte: “Kyk, Ek het geen beelde nie, dus moet my belydenis die suiwerste wees!", dan sê Ek: Beeld of nie beeld nie, dit maak nie saak nie, maar slegs `n lewe volgens die Woord! Want as mense `n leer op sigself hoe ookal van alle seremonies suiwer om haar beter geskik te maak om opgeneem te word deur die verstand, beteken dit met ander woorde niks anders as dat mense voortdurend oor `n gegewe leer redeneer, maar ook nie daarvolgens leef nie. Dit is te vergelyk met iemand wat `n huis koop en dit voortdurend van binne en van buite skoonmaak en poets om dit steeds beter geskik te maak vir bewoning, maar met al die gewerkery kom daar nooit iemand in woon nie. Is die eerste die beste hut wat voortdurend bewoon word, dan nie beter as so `n huis nie?

3. So is dit ook met die kerk gesteld. Dan is diegene wat een of ander norm het, waarin haar gelowiges `n houvas vind, nog altyd beter as so `n kerk waarin maar net gevee en gepoets word. Haar aanhangers staan daarby en sien toe, soos mense wat niks te doen het, wat na die bou van `n huis staan en kyk en kleingeestige kritiek uitoefen en opmerkings maak; maar niemand dink daaraan, om ten bate van die huisheer, ook maar een steen of een skeppie sement aan die besige messelaar aan te reik nie; en die leeglopers beskou hulleself baie beter as die arbeiders.

Hoofstuk 73 Mobiele weergawe Kommentaar