Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 73 Die Aarde

13. Wie egter korrek wil lewe, kan dit in elke kerk doen; want die vernaamste reël is: Ondersoek alles en behou die goeie!

14. As jy `n kind gebad het, gooi dan die badwater weg, maar hou die kind - en die kind is die liefde!

15. Ek sê vir niemand: Word Katoliek of word Protestant of word `n Griek nie, maar wat iemand is, dit moet hy bly - as hy dit wil. Laat hy wees wat hy wil, maar laat hy `n werksame Christen wees en dit in gees en waarheid; want elkeen kan, as hy dit wil, die suiwer woord van God besit.

16. Ek is nie soos `n patriarg en ook nie soos `n pous en nie soos `n superintendent en nie soos `n biskop nie - maar Ek is soos `n baie goeie en regverdige Vader vir al My kinders en is verheug as hulle werk en wedywer in die liefde. Maar Ek hou nie daarvan, dat hulle mekaar vir dwase uitmaak nie en dat elkeen van hulle die wysste en onfeilbaarste wil wees met suiwer redenering en daarby niks doen nie.

17. My ryk is `n ryk van die hoogste werksaamheid, maar geen ryk van niksdoenende eiewyse luiaards nie. Want Ek het nie vir die apostels gesê: “Bly tuis, dink en pieker en peins oor My leer nie!" Maar: “Gaan die wêreld in!"

18. Dit sê Ek ook vir alle saliges. Daar moet gewerk word; want die oes is altyd groter as die aantal arbeiders. Daarom is dit ook beter om in een of ander ordening besig te wees, as om slegs die suiwerste geloof te hê. En om te handel volgens My leer is dan sekerlik oneindig baie beter as om die hele Bybel uit die kop te ken en te glo.

19. Die suiwer geloofsmens is gelyk aan die een wat sy talent begrawe het; as iemand egter maar weinig van die skrif weet, maar daarvolgens handel, hy is gelyk aan hom wat oor die weinige `n getroue beheerder was en toe oor baie aangestel was.

20. Uit dit wat tot nou toe gesê is, sal elkeen wat van goeie wil is, sekerlik maklik kan uitmaak wat hy moet doen om `n goeie mens te word. Wat hy met sy werkkrag moet kies en vermy, dit is hier sonhelder uiteengesit. Hiermee is alles van alle kante belig. En daarom - Amen!

Hoofstuk 73 Mobiele weergawe Kommentaar