Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 73 Die Aarde

3. So is dit ook met die kerk gesteld. Dan is diegene wat een of ander norm het, waarin haar gelowiges `n houvas vind, nog altyd beter as so `n kerk waarin maar net gevee en gepoets word. Haar aanhangers staan daarby en sien toe, soos mense wat niks te doen het, wat na die bou van `n huis staan en kyk en kleingeestige kritiek uitoefen en opmerkings maak; maar niemand dink daaraan, om ten bate van die huisheer, ook maar een steen of een skeppie sement aan die besige messelaar aan te reik nie; en die leeglopers beskou hulleself baie beter as die arbeiders.

4. Kyk, dit is nou `n korrekte beeld van baie kerkgenootskappe. Hulle doen uit suiwer voorbereiding en kritiek niks nie, belaster voortdurend diegene wat nie aan hulle kerkgenootskap behoort nie, maak hulle vrolik oor die blindheid van die ander en roep voortdurend: “Kom hier, sodat ons die splinter uit julle oog kan haal!" Maar die balk in hulle eie oog sien hulle gladnie raak nie.

5. Dit is wel waar dat daar in die Rooms-Katolieke kerk duisenderlei growwe misbruike bestaan. Maar daar is tog ook baie goed daarin, want mense preek liefde en deemoed daar. En as iemand net dit navolg, sal hy nie verlore gaan nie.

6. Maar wat moet Ek dan sê van `n sekte wat maar net die geloof leer en die werke verwerp? Daar is doop en salwing bedorwe. Want daar staan tog duidelik geskrywe, dat `n geloof sonder werke dood is, en Ekself het verskillende kere openlik gesê: Wees nie slegs toehoorders nie, maar ook daders van My woord. Daardeur is duidelik getoon dat die geloof alleen nie help nie, maar die handeling daarvolgens.

7. Wat het die aarde aan sonlig, as dit nie met daadkragtige warmte verbonde is nie?

Hoofstuk 73 Mobiele weergawe Kommentaar