Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 73 Die Aarde

5. Dit is wel waar dat daar in die Rooms-Katolieke kerk duisenderlei growwe misbruike bestaan. Maar daar is tog ook baie goed daarin, want mense preek liefde en deemoed daar. En as iemand net dit navolg, sal hy nie verlore gaan nie.

6. Maar wat moet Ek dan sê van `n sekte wat maar net die geloof leer en die werke verwerp? Daar is doop en salwing bedorwe. Want daar staan tog duidelik geskrywe, dat `n geloof sonder werke dood is, en Ekself het verskillende kere openlik gesê: Wees nie slegs toehoorders nie, maar ook daders van My woord. Daardeur is duidelik getoon dat die geloof alleen nie help nie, maar die handeling daarvolgens.

7. Wat het die aarde aan sonlig, as dit nie met daadkragtige warmte verbonde is nie?

8. Wat se nut het alle kennis en wetenskap, as die mens dit nie gebruik nie?

9. Of wat se nut het dit in `n koue winter om maar net te glo dat brandende hout die kamer kan verwarm? Word die kamer warm deur dit te glo? Ek glo nie.

Hoofstuk 73 Mobiele weergawe Kommentaar