Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 74 Die Aarde

Jode, Mohammedane en Brahmane vanuit `n geestelike oogpunt

28 April 1847

1. Ons sal natuurlik nie al die groepe wat die aarde bewoon, afsonderlik beskou nie, aangesien dit teveel tyd en teveel ruimte in beslag sou neem, maar ons sal net `n algemene blik op die sogenaamde verhoudinge gooi, waarin die verskeie inwoners van die aarde hoofsaaklik verkeer en wat die geestelike verband tussen hulle en die hemel bewerkstellig.

2. Aangesien ons tot nou toe net aan “Christene” aandag gegee het en die ander bewoners van die aarde onaangeroer gelaat het, kan dit `n leser mettertyd byval, in hierdie opsig waar dit gaan om `n totaal daarstelling van die aarde te gee, `n paar sarkastiese opmerkings te maak, waaraan daar in elk geval geen tekort sal wees nie.

3. Die sogenaamde “kritikusse” van beroep moet mos alles kritiseer en besnuffel en skel; want dit is mense wat van skel lewe, en omdat die wêreld tans baie eerder, en met groot oplettendheid, skelwoorde as prysing lees, is hierdie bose eienskap van die wêreld `n baie besonderse kragtige hefboom, om kritikusse te lei sodat hulle oor alles moet skel.

4. Hulle loof net werke en dade van mense met mag, vir wie dit maklik is om die kritikusse deur baie gevoelige middele aan te keer. Daarom spoeg hierdie skellustige wêreldwyses meer gal oor diegene, by wie hulle nie vir `n pak slae hoef bang te wees nie, waarom dit nodig is om hulle eselbekke soveel as moontlik vooraf toe te stop en onder andere in sodanige boodskap ook `n bietjie hooi by te meng, sodat hierdie arme diere ook iets het om te vreet.

Hoofstuk 74 Mobiele weergawe Kommentaar