Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 74 Die Aarde

Die Mohammedane

Handel en oorlog is die hoofeienskappe van die Mohammedane

16. Na die Jode kom die Mohammedane wat `n klein deel van Europa, `n vyfde van Asië en `n agste van Afrika bewoon. Hierdie Mohammedane is `n bastersoort van die Jode en die Ariese Christene, maar hulle hoofeienskap is handel en oorlog. Wat hulle nie deur die handel kan bekom nie, dit koop hulle met die wapen in die hand; maar hulle tyd sal binnekort tot `n einde kom.

Die voorstelling oor die hiernamaals en die lot van die Mohammedane

17. Die hoogste loon vir hulle bemoeienisse met handel en oorlogvoering plaas hulle in allerhande sinlike vermaaklikhede; daarom verbeel hulle hulself dat hul Elisium (sogenaamde hemel) uit die allermooiste meisies en vrouens bestaan, met wie hulle dan hopelik tot in ewigheid ontug kan bedryf, sonder dat hul sinlike gevoelens afgemat en moeg raak.

18. Sommige van hulle stel hulle die Elisium so voor, dat die bodem daarvan uit die allerwitste en allermooiste borste van vrouens bestaan, waarop hulle heel behaaglik kan rondwandel en die vrouens en meisies groei met aanhoudende vars voorkomste soos paddastoele uit die aarde; en hulle kan van hulle gebruik maak soos hulle lus is en in hoogste verrukking uitroep: “Hoe heerlik en groot is ons Allah!”

19. Hulle stel hulle ook voor dat al die bome in hul Elisiese tuine net uit mooi vroulike liggame bestaan, ongeveer soos op `n tyd die Grieke en die Romeine `n voorstelling van die godin Daphne gehad het, nadat Apollo haar in `n lourierboom verander het. Hierdie boomvrouens is vol genitalieë wat ook gebruik kan word; dit is min of meer die begrip van die hemel vir die meeste Mohammedane, waarby, vanselfsprekend, die mees voortreflike soorte kos en drank daarby ingesluit is.

20. Dat hulle in die geesteswêreld baie slegte aspekte te wagte kan wees, hoef nie uitgespel te word nie; dit sou jammer wees vir die papier en ink om enigsins verder daarop uit te brei.

21. Dit is vanselfsprekend dat hulle nie daaroor verdoem moet word dat hulle hulleself op hierdie dwaalpaaie bevind nie, en daar sal in die geesteswêreld vir hulle gesorg word, sodat hulle op die regte pad kom; maar vir solank hulle “Mohammedane” bly, bestaan daar vir hulle geen bestemming in die geesteswêreld nie. Wat sal hulle ook doen? Dit wat hulle glo, mag nie toegelaat word nie; daarom is hulle in die hiernamaals soos dwalendes, wat nie weet waarheen hulle hulself moet wend nie.

Die Brahmane

Klasindeling en magie van die Brahmane; hulle lot in die hiernamaals

22. Na die Mohammedane kom die Brahmane wat met hulle skemer bedrywighede in Midde-Asië en `n gedeelte van Suid-Asië doenig is.

23. Hierdie mense bestaan uit `n groot aantal geheimenisvolle wonderdoeners, by wie net wonderwerke bo wonderwerke moet plaasvind en hulleself doen net wonderwerke en hul hoofstudie bestaan daaruit om van die goeie sowel as die bose godheid, wonderkragte na te boots, om self allerlei wonderwerke te kan uitvoer.

24. Elkeen kan maklik insien dat daar reeds baie sataniese bedrywighede in hierdie spel is; want by hulle is die klasindeling nog volledig tuis. Die gewone mens is verdoem om ewig onnosel te bly, sodat hy die oëverblindende wonderwerke van sy geestelike priesterklas nie kan agterkom nie. Wee diegene wat dit sal waag om `n dienaar van Brahma te vra hoe hy sy wonderwerke uitoefen. By die eerste oortreding van hierdie soort word die voorbarigheid met `n behoorlike pakslae teruggewys. Maar reeds `n tweede oortreding kos hom sy lewe of ten minste die oë of die tong.

25. Dat hierdie uiters vuil inwoners van die aarde in die geesteswêreld `n nog slegter rol speel as die Mohammedane, hoef nie van nader belig word nie. Geeste van hierdie Brahma-mense moet heeltemal na die pole van die aarde verplaas word, waar daar die grootste eensaamheid bestaan, sodat hulle na baie jare geskik raak om Christus aan te neem. Dit is egter ook al wat `n mens kan sê; vervolgens dus `n ander groep.

Hoofstuk 74 Mobiele weergawe Kommentaar