Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 74 Die Aarde

21. Dit is vanselfsprekend dat hulle nie daaroor verdoem moet word dat hulle hulleself op hierdie dwaalpaaie bevind nie, en daar sal in die geesteswêreld vir hulle gesorg word, sodat hulle op die regte pad kom; maar vir solank hulle “Mohammedane” bly, bestaan daar vir hulle geen bestemming in die geesteswêreld nie. Wat sal hulle ook doen? Dit wat hulle glo, mag nie toegelaat word nie; daarom is hulle in die hiernamaals soos dwalendes, wat nie weet waarheen hulle hulself moet wend nie.

Die Brahmane

Klasindeling en magie van die Brahmane; hulle lot in die hiernamaals

22. Na die Mohammedane kom die Brahmane wat met hulle skemer bedrywighede in Midde-Asië en `n gedeelte van Suid-Asië doenig is.

23. Hierdie mense bestaan uit `n groot aantal geheimenisvolle wonderdoeners, by wie net wonderwerke bo wonderwerke moet plaasvind en hulleself doen net wonderwerke en hul hoofstudie bestaan daaruit om van die goeie sowel as die bose godheid, wonderkragte na te boots, om self allerlei wonderwerke te kan uitvoer.

Hoofstuk 74 Mobiele weergawe Kommentaar