Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 74 Die Aarde

21. Dit is vanselfsprekend dat hulle nie daaroor verdoem moet word dat hulle hulleself op hierdie dwaalpaaie bevind nie, en daar sal in die geesteswêreld vir hulle gesorg word, sodat hulle op die regte pad kom; maar vir solank hulle “Mohammedane” bly, bestaan daar vir hulle geen bestemming in die geesteswêreld nie. Wat sal hulle ook doen? Dit wat hulle glo, mag nie toegelaat word nie; daarom is hulle in die hiernamaals soos dwalendes, wat nie weet waarheen hulle hulself moet wend nie.

Die Brahmane

Klasindeling en magie van die Brahmane; hulle lot in die hiernamaals

22. Na die Mohammedane kom die Brahmane wat met hulle skemer bedrywighede in Midde-Asië en `n gedeelte van Suid-Asië doenig is.

23. Hierdie mense bestaan uit `n groot aantal geheimenisvolle wonderdoeners, by wie net wonderwerke bo wonderwerke moet plaasvind en hulleself doen net wonderwerke en hul hoofstudie bestaan daaruit om van die goeie sowel as die bose godheid, wonderkragte na te boots, om self allerlei wonderwerke te kan uitvoer.

24. Elkeen kan maklik insien dat daar reeds baie sataniese bedrywighede in hierdie spel is; want by hulle is die klasindeling nog volledig tuis. Die gewone mens is verdoem om ewig onnosel te bly, sodat hy die oëverblindende wonderwerke van sy geestelike priesterklas nie kan agterkom nie. Wee diegene wat dit sal waag om `n dienaar van Brahma te vra hoe hy sy wonderwerke uitoefen. By die eerste oortreding van hierdie soort word die voorbarigheid met `n behoorlike pakslae teruggewys. Maar reeds `n tweede oortreding kos hom sy lewe of ten minste die oë of die tong.

25. Dat hierdie uiters vuil inwoners van die aarde in die geesteswêreld `n nog slegter rol speel as die Mohammedane, hoef nie van nader belig word nie. Geeste van hierdie Brahma-mense moet heeltemal na die pole van die aarde verplaas word, waar daar die grootste eensaamheid bestaan, sodat hulle na baie jare geskik raak om Christus aan te neem. Dit is egter ook al wat `n mens kan sê; vervolgens dus `n ander groep.

Hoofstuk 74 Mobiele weergawe Kommentaar