Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 76 Die Aarde

Dikwels sal jy boetedoeners aantref wat vir twintig jaar op een en dieselfde plek staan. Ook hangende boetedoeners word aangetref wat vir hulle iewers `n haak deur die vel laat steek en hulle dan, met behulp van `n tou, aan `n boom laat ophang. Daar sal hulle vir solank hang totdat, óf die tou afgevrot het, óf die vel oor die haak. Want net baie weiniges van hulle kan tydens hierdie boete-operasie sterf, omdat hulle wonde eerstens baie sorgvuldig deur hulle familielede met die beste genesende olies versorg word en tweedens word hulle drie maal per dag met die beste kos versorg. Dan bestaan daar ook boetedoeners wat hulle met swaar kettings laat toedraai en dan vir tien jaar lank oor slote, heuwels en klipperige oppervlaktes rondrol, en dikwels `n afstand van 200 myl aflê, natuurlik nie in `n reguit lyn nie. – Die Aarde, Hoofstuk 76, Paragraaf 16

Hoofstuk 76 Mobiele weergawe Kommentaar