Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Die drie Dae in die Tempel

Hoofstuk 2

1. Maar ‘n werklik geesryke kind het nie as gevolg daarvan sy kop laat sak nie en het gesê: “Alle werke in die groot wêreld van God word gedurende die dag deur die mees helder sonlig verlig, en selfs die nag is nooit so donker, dat jy glad niks meer kan sien nie; waarom moet dan juis daardie belangrike boodskap, wat vir die mens die weg na die ware heil duidelik en helder moet wys, so verwarrend en vir geen siel verstaanbaar gegee word?”

2. En die knaap, wat vir die ouderling juis dit gevra het, was Ekself en het hulle daardeur in groot verleentheid gebring, en boonop die aanwesige volk vir My begin kant gekies het en gesê het: “By die God van Abraham, Isak en Jakob - hierdie knaap is bewonderingswaardig intelligent, hy moet nog meer dinge met die ouderlinge en skrifgeleerdes bespreek! Ons wil vir hom ‘n beduidende offer in die houer van God plaas.”

3. ‘n Baie ryk Israeliet vanaf Bethania (dit was die op daardie tydstip nog lewendige vader van Lazarus, Martha en Maria) het na vore gekom en vir My ‘n offer van 30 pond silwer en ‘n bietjie goud geplaas, bloot daarvoor, dat Ek langer met die ouderlinge en skrifgeleerdes durf onderhandel.

4. Die ouderlinge en skrifgeleerdes het natuurlik die groot offer net te graag aangeneem, en Ek het daardeur ‘n groot vryheid van spraak verkry, om met die ouderlinge ‘n heel buitengewoon en as gevolg van sekere redes nooit voorheen gehoorde bespreking te voer.

5. Maar die eerste en bogenoemde vraag was uit Jesaias geneem, waar die uiters mistieke en donker antwoord juis die basis vir die volgende uitgebreide onderhandeling, wat ons nou laat volg, gevorm het. Wie dit met ‘n goeie en liefde-suiwer hart sal lees, die sal ook baie vir sy siel en sy gees daarby wen.

6. Maar voordat ons by die groot onderhandeling kom, en omdat Ek die goed betaalde vryheid, om te praat, verkry het, het Ek na bogenoemde vraag teruggekeer en het begin om die ouderlinge en skrifgeleerdes oor verskeie aspekte daarvan te ondervra.

7. Maar die bogenoemde vraag was uit Jesaias, Hoofstuk 7, vers 14 en 15 en 16 geneem, en die verse lui soos volg: “So sal die Here Self vir julle ‘n teken gee: Sien, ‘n maagd is swanger en sal ‘n seun voortbring, wat sy Emanuel sal noem. Botter en heuning sal hy eet, dat hy weet om die bose te verwerp en die goeie te kies. Maar voordat die knaap leer om die bose te verwerp en die goeie te kies, sal die land, waarvoor jy gril, deur sy twee konings verlate wees.”

8. Die eerste deel van bogenoemde vraag bestaan daarin: wie is die maagd en wie is haar seun Emanuel, en wanneer dit sal gebeur, dat sodanige seun in die wêreld gebore sal word. Die tyd moes alreeds daar wees, omdat die land van Jakob reeds vir verskeie jare sonder sy twee konings is, en nou die heidene hulle regeerders is. Is dan nou nie die twaalf jaar gelede in Bethlehem deur die maagd Maria, wat getroud was met die skrynwerker Joseph - nog nie as vrou, maar volgens die ou gebruik van die Tempel pleegaanbevole was - in ‘n skaapkraal gebore seun, vir wie die wyses van die môreland gekom het, om hom as die beloofde groot koning van die Jode te groet, en vir wie Anna en Simeon in die Tempel tydens die besnyding ‘n groot getuienis gegee het, juis daardie Emanuel is, van wie Jesaias geprofeteer het.

9. Nou, op hierdie nie onbeduidende eerste vraag het een van die ouderlinge, ‘n baie heerssugtige gierigaard, begin om sodanig verwarrende dinge kwyt te raak, dat Ek dit nie eers sal bekend maak nie, omdat hy ook na My as ‘n sleg opgevoede knaap verwys het, aangesien Ek reeds iets van uit-‘n-vrou-gebore-word af weet.

10. Daarna het ‘n jonger, ‘n bietjie meer menslik lykende skrifgeleerde opgestaan en het gesê, dat so iets nog geensins op ‘n slegte opvoeding dui nie, aangesien besonders in Galilea die seuns eerder vroeër ryp word as in die agterlike Jerusalem, waar niks as luuksheid en ‘n groot wanopvoeding van kinders plaasvind. ‘n Mens kon tog vir My ‘n beter antwoord op sy aanbeveling gegee het, want hy het gemeen, dat ek reeds met alle omstandighede van die menslike lewe op die beste manier ingelig was. ‘n Mens moes net al die ander kinders verwyder en dan met My heel manlik praat.

11. Maar die ouderling het iets in sy baard gebrom, en ek het toe vir die meer menslik lykende skrifgeleerde met betrekking tot die geboortegeskiedenis in Bethlehem gevra. Maar ook hy het iets heel afgedwaal gesê:

12. (Die jonger skrifgeleerde:) “Ja, jy my liewe, baie oulike knaap, met daardie gelukkig totaal verouderde storie, waarvan daar in sy tyd baie gepraat was, beteken nou in besonder met betrekking op die duister profesieë van die Profeet Jesaias, wat net vir sy tyd in steeds duister beelde geprofeteer het, niks nie! Want die ouers het, glo ek, soos ek dit verneem het, na die Herodiese kindermoord van Bethlehem - by watter geleentheid sekerlik ook hulle uit die môreland gegroete koning van die Jode geslag was - uit Judea elders heen gevlug en lewe dalk glad nie meer nie; want ‘n mens het later glad niks meer van hulle bestaan verneem nie.

13. Daar mag iets aan die saak gewees het, want dit het destyds baie opspraak gemaak; maar op merkwaardige wyse het ‘n paar jaar daarop alles sodanig in die see van totale vergetenheid gesink, dat nou geen mens meer ook net met ‘n enkele woord enige melding daarvan maak nie en dit ook nie die moeite werd is, om verder ook net ‘n enkele woord daaroor te praat nie. Simeon en Anna is twee bekende ou Tempeldwepers gewees, wat by verskeie kinders hulle messianiese opmerkings met ‘n mistieke byklank gemaak het en daardeur ‘n hele aantal swak ouers ordentlik deurmekaar gemaak het.

14. Toe God vir Moses op Sinaï die wette gegee het, het byna die hele aarde begin bewe, en die verhaal in die woestyn het bykans veertig volle jare geduur, en reeds daar moes byna alle wêreld die almagtigheid van Jehova herken. En des te meer sal die in hierdie wêreld komende Messias, waarvan David gesing het: “Maak die hekke wyd en die deure van die wêreld hoog, dat die Koning van eer sal inkom! Wie is die Koning van eer? Dit is die Here sterk en magtig, die Here magtig in die stryd! - Maak die hekke wyd en die deure van die wêreld hoog, sodat die Koning van eer sal inkom! Wie is die Koning van eer? Dit is die Here Zebaoth, Hy is die Koning van eer!”, sekerlik nog meer die hele wêreld laat bewe!

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar