Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Die drie Dae in die Tempel

Hoofstuk 2

1. Maar ‘n werklik geesryke kind het nie as gevolg daarvan sy kop laat sak nie en het gesê: “Alle werke in die groot wêreld van God word gedurende die dag deur die mees helder sonlig verlig, en selfs die nag is nooit so donker, dat jy glad niks meer kan sien nie; waarom moet dan juis daardie belangrike boodskap, wat vir die mens die weg na die ware heil duidelik en helder moet wys, so verwarrend en vir geen siel verstaanbaar gegee word?”

2. En die knaap, wat vir die ouderling juis dit gevra het, was Ekself en het hulle daardeur in groot verleentheid gebring, en boonop die aanwesige volk vir My begin kant gekies het en gesê het: “By die God van Abraham, Isak en Jakob - hierdie knaap is bewonderingswaardig intelligent, hy moet nog meer dinge met die ouderlinge en skrifgeleerdes bespreek! Ons wil vir hom ‘n beduidende offer in die houer van God plaas.”

3. ‘n Baie ryk Israeliet vanaf Bethania (dit was die op daardie tydstip nog lewendige vader van Lazarus, Martha en Maria) het na vore gekom en vir My ‘n offer van 30 pond silwer en ‘n bietjie goud geplaas, bloot daarvoor, dat Ek langer met die ouderlinge en skrifgeleerdes durf onderhandel.

4. Die ouderlinge en skrifgeleerdes het natuurlik die groot offer net te graag aangeneem, en Ek het daardeur ‘n groot vryheid van spraak verkry, om met die ouderlinge ‘n heel buitengewoon en as gevolg van sekere redes nooit voorheen gehoorde bespreking te voer.

5. Maar die eerste en bogenoemde vraag was uit Jesaias geneem, waar die uiters mistieke en donker antwoord juis die basis vir die volgende uitgebreide onderhandeling, wat ons nou laat volg, gevorm het. Wie dit met ‘n goeie en liefde-suiwer hart sal lees, die sal ook baie vir sy siel en sy gees daarby wen.

6. Maar voordat ons by die groot onderhandeling kom, en omdat Ek die goed betaalde vryheid, om te praat, verkry het, het Ek na bogenoemde vraag teruggekeer en het begin om die ouderlinge en skrifgeleerdes oor verskeie aspekte daarvan te ondervra.

7. Maar die bogenoemde vraag was uit Jesaias, Hoofstuk 7, vers 14 en 15 en 16 geneem, en die verse lui soos volg: “So sal die Here Self vir julle ‘n teken gee: Sien, ‘n maagd is swanger en sal ‘n seun voortbring, wat sy Emanuel sal noem. Botter en heuning sal hy eet, dat hy weet om die bose te verwerp en die goeie te kies. Maar voordat die knaap leer om die bose te verwerp en die goeie te kies, sal die land, waarvoor jy gril, deur sy twee konings verlate wees.”

8. Die eerste deel van bogenoemde vraag bestaan daarin: wie is die maagd en wie is haar seun Emanuel, en wanneer dit sal gebeur, dat sodanige seun in die wêreld gebore sal word. Die tyd moes alreeds daar wees, omdat die land van Jakob reeds vir verskeie jare sonder sy twee konings is, en nou die heidene hulle regeerders is. Is dan nou nie die twaalf jaar gelede in Bethlehem deur die maagd Maria, wat getroud was met die skrynwerker Joseph - nog nie as vrou, maar volgens die ou gebruik van die Tempel pleegaanbevole was - in ‘n skaapkraal gebore seun, vir wie die wyses van die môreland gekom het, om hom as die beloofde groot koning van die Jode te groet, en vir wie Anna en Simeon in die Tempel tydens die besnyding ‘n groot getuienis gegee het, juis daardie Emanuel is, van wie Jesaias geprofeteer het.

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar