Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 3 Die drie Dae in die Tempel

12. Daarom moet julle met hierdie knaap ‘n meer volledige gesprek voer, andersins sal ons nie van die kind ontslae raak nie! Die Profeet moet julle beslis op ‘n meer duideliker wyse verduidelik en ook aantoon, hoe dit met die maagd Maria, die wonderbaarlike dogter van Joachim en Anna, staan, wat teen die einde al hulle aansienlike besittings aan die Tempel oorgegee het, toe hulle gesterf het. In werklikheid het die Tempel dit as vergoeding vir die opvoeding van die dogter Maria met geweld as ‘n eiendom sonder eienaar in eie beslag geneem.

13. Wat hou julle dan in alle eerlikheid van daardie maagd? Wanneer van ‘n Profeet iets gesê kan word, dan sou die’ van hom aangewese tyd nou daar wees, en die wonderbaarlikhede van die maagd onder bespreking kan nie meer ontken word nie! As tog iets daaraan sou wees, dan sou dit ook ongetwyfeld goddeloos van ons almal wees, as ons nie dieper en nader daarop sal ingaan nie!”

Hoofstuk 3 Mobiele weergawe Kommentaar