Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 3 Die drie Dae in die Tempel

17. Waarom moet My welaf Simon van Bethanië, wat Indië, Persië, die Arabiese lande, Egipte, Spanje en Rome en Athene besoek het, nie ook iets weet nie, waarvan jy nog nooit iets gedroom het nie?! Indien dit so is, met watter reg wil jy vir hom as onkundig beskuldig?! - Maar Ek sê vir jou, dat hy heeltemal reg geoordeel het, en julle moet derhalwe doen, wat hy vir sy baie geld van julle verwag!

18. Indien iemand ‘n kneg huur vir werk, dan moet die kneg dit doen, waarvoor die werkgewer hom aangestel het. Wil die kneg dit nie doen nie, of kan hy dit nie, dan sal die werkgewer beslis die reg hê, die onderhandelde loon van die lui of onkundige kneg terug te vra! - Julle het vir julle goed laat betaal - en wil in ruil daarvoor niks doen nie, of kan dit nie! Het Simon nou nie die reg, om sy vir julle gegewe vergoeding terug te vra nie?”

19. Sê ‘n aanwesige Romeinse, regskundige Kommissaris en Regter: “Daar kyk nou net vir die knaap! Hy is dan ‘n volmaakte juris en kon onmiddelik ‘n regter in alle strysake wees! Sy regspreking is volkome op ons regstelsel gegrond, en wanneer Simon uit Bethania dit van my verwag, moet ek hom onwillekeurig die ‘Exequatur’ (‘dit word volstrek!’) gee!”

20. Daarna kom hy na my, liefkoos en druk vir My en sê toe vir My: “Luister, my liefste, krulkop knaap, ek is heel verlief op jou! Vir jou wil ek met al my besittings sorg en vir jou tot iets groots opvoed!”

21. Sê ek: “Dat jy My lief het, weet Ek baie goed - want in jou klop daar ‘n getroue, goeie hart. Jy kan egter verseker wees, dat ook Ek baie lief is vir jou! Maar oor My onderhoud hoef jy jou nie te kwel nie, want daar is reeds Iemand, wat Hom daaroor bekommer!”

22. Maar ook Simon van Bethania het na my toe gekom en het heel verbaas vir My gevra: “Sê vir my, jy my mooiste, liefdevolste en goeie knaap, hoe het jy geweet, wat my naam is, en waar ek orals reeds was!”

23. Sê Ek: “O, moet nie daaroor verbaas wees nie, want indien Ek iets wil weet, dan lê dit reeds in My natuur, dat Ek dit weet! Die ‘hoe’ sou jy nou nog nie verstaan nie! - Maar nou weer terug na die saak en ons ‘maagd’! Wil julle priesters en skrifgeleerdes dit nader belig of nie?”

24. Sê een met ‘n meer helder kop uit die aansienlike aantal van ouderlinge: “Ja, ja, dit sal nou nie anders kan, as om te begin om die knaap skoon wyn te skink nie, en derhalwe sal ons aan hom sy Jesaias volgens die ooreenkomstigheidsleerstellings van die Kabbala verduidelik, en hy sal dan geen uitweg tot verdere vrae meer hê nie!”

25. Daarop het ‘n wys geagte skrifgeleerde opgestaan en gesê: “Nou, jy weetgierige seun, neem jou sintuie bymekaar en luister en verstaan: Onder ‘maagd’ het die Profeet nie ‘n maagd van vlees en bloed bedoel nie, maar net die boodskap, wat God deur Moses vir die kinders van hierdie wêreld gegee het. In die nouste sin stel ons priesters nou hierdie boodskap en die wet lewendig voor.

26. Maar ons, as die lewendige woord van God, is vol van die beste hoop, dat hierdie leerstellings nou in die hele wêreld deur ons uitgebore sal word en die heidene verkwik sal word. En hierdie lewendige, ware hoop is die van die Profeet bedoelde swangerskap van die maagd; maar die seun, wat sy moet gebaar, is juis al die heidene, wat ons leerstellings sal aanneem, en hulle sal dan sê en dus genoem word: ‘Emanuel’, dit is, ‘God is ook met ons!’ En dit het reeds voor ons tyd gebeur en gebeur nou des te meer lewendiger en met meer ywerigheid!

27. Maar hierdie seun sal heuning en melk eet en die bose verwerp en die goeie kies. Onder ‘heuning’ het die Profeet die suiwer liefde en die ware goedheid daaruit verstaan, en onder ‘melk’ het hy die wysheid uit God bedoel, wat die mens sal kry deur die nakoming van die leerstellings en die wet; en as die mens die liefde en die waarheid uit God lewendig sy eie gemaak, dan verafsku hy ook uit vrye wil die bose en wil en verkies die goeie!

28. Sien, jy my liewe seun, dus hoe dinge staan volgens die innerlike wysheid en waarheid met die Profeet se geestelike woorde en spreuke en toesprake! Hulle het almal net ‘n innerlike, geestelike betekenis, maar wat net vir die werklike skrifgeleerde uit die materiële simbole en beelde deur die getroue en ware leerstellings van ooreenkomstighede bepaal kan word. ‘n Leek kan dit nie - en kon hy dit, dan sou alle hoër skole heel onnodig wees en Moses sou nie nodig gehad het, om vir die instandhouding van die leerstellings en die wette van God, priester en skrifgeleerdes aan te stel nie! - Verstaan jy nou hierdie alleen ware en korrekte verduideliking van jou Profeet wat jy verkeerd verstaan het?”

Hoofstuk 3 Mobiele weergawe Kommentaar