Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 3 Die drie Dae in die Tempel

4. Sê Ek: “Vir seker weet Ek, wat Ek weet; maar daarom het Ek nie die vrae aan julle gerig nie, om vir Myself te verduidelik, wat Ek alreeds weet, maar net, sodat julle vir My kan wys, wie die Profeet Jsaias se swanger maagd is, deur wie juis die Allerhoogste gebore moes gewees het! Hoekom sal sy vir Hom die naam ‘Emanuel’ (God met ons) gee? - Hoekom sal Hy melk en heuning eet, om die bose te verwerp en die goeie te kies? Dit moet julle as skrifgeleerdes dan tog verstaan, wat die Profeet onder die swanger maagd, wat die aangewese seun sal gebaar, beteken!

5. Ek is tog van mening, dat agter die Bethleheemse geboorteverhaal bietjie meer steek, as wat julle meen, en dat die ouerpaar, die bekende timmerman Joseph van Nazareth en die maagd wat later sy getroude vrou geword het, saam met die in Bethlehem gebore seun nog heel lewendig is; want hulle het deur ‘n wyse plan van die destydse Romeinse Kaptein Kornelius, die latere grusaamhede van die ou Herodes ontglip en leef nou veilig in Nazareth in Galilea.

Hoofstuk 3 Mobiele weergawe Kommentaar