Nou, hierdie ouerpaar saam met die nuutgebore knaap het vir drie jaar lank, pas nadat hulle uit Bethlehem gevlug het, in Egipte gewoon, en dit in die nabyheid van die dorpie Ostrazine, volgens die ou-egiptiese taal Austrazhina, wat beteken ‘Werk van Skrik’, dus ‘n kasteel, wat vir alle vyande tydens die faraos die dood gebring het. Later het die magtige vyande van die ou Egipte hierdie Plek van Skrik soos baie ander verower, en daar het in ons tyd van die destydse Plek van Skrik niks oorgebly nie, as net die ou, onbelangrike naam, vir wie die Romeine natuurlik ‘n ander betekenis gegee het as die ou Egiptenare. – Die drie Dae in die Tempel, Hoofstuk 3, Paragraaf 7
|