Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 3 Die drie Dae in die Tempel

8. Alleen daaraan is niks geleë nie, maar Ek het hierdie aan My bekende geskiedenis daarom genoem, om vir julle die driejarige woonplek van die ouerpaar onder bespreking nader te beskryf. Van daar af het hulle volgens ‘n geheime hoër aanwysing weer terug na Nazareth getrek, waar hulle nou volkome godgehoorsaam in die mees moontlike teruggetrokkenheid leef, ofskoon van die’ daar wonende knaap, wat ook Ek die eer het om Hom baie goed te ken, allerhande wonderbaarlikhede vertel word. Want selfs die elemente is gehoorsaam aan Hom, en die wildste diere van die woude en die woestyn vlug voor sy aangesig, erger as voor ‘n duisend jagters. Want in die opsig is hy ‘n duisendvoudige Nimrod! - En daarvan wil julle in alle erns voorgee om niks te weet nie?! Sê dit nou vir My opreg en in alle waarheid, of julle in alle erns van al dit niks verneem het nie?!”

9. Sê toe een van die ander ouderlinge, wat van ‘n bietjie beter gesindheid was: “Ja, daarvan het ons wel iets hoor praat, so ook, dat die aan ons welbekende timmerman met sy jong vrou Maria hom in Nazareth vir permanent gevestig het! Maar of die wonderseun wel dieselfde is, wat twaalf jaar gelede te Bethlehem in die stal gebore was, dit weet ons nie en twyfel ook baie daaraan, dat hy dieselfde is! En hoe sou daardie knaap dan ook die Emanuel van die Profeet wees?”

Hoofstuk 3 Mobiele weergawe Kommentaar