Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 4 Die drie Dae in die Tempel

Hoofstuk 4

1. Sê Ek: “O ja, dit, wat jy nou heel goed gestel het, het Ek al lankal geweet, en jy kon vir jou voeglikerwyse die ernstige moeite gespaar het, om dit vir My te vertel. Ek bly nou eenmaal daarby staan en laat die maagd Maria nie uit die oog verloor nie!

2. Waarom sê die Profeet dan (Jes.9,5-6): “Daar is ‘n kind vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee, wie se heerskappy op sy skouers rus, en Hy heet: Wonderbaarlik, Raad, Krag, Held, Ewige Vader, Vors Van Vrede; sodat Sy heerskappy groot word en die vrede geen einde op die stoel van David en in sy koninkryk sal hê nie, sodat Hy dit met die oordeel en geregtigheid sal voorberei en versterk van nou af tot in ewigheid! - Dit sal doen die ywer van die Here Zebaoth.”

3. Wat is die kind, en wat is die seun, wat vir ons gegee is? Kon dit nou nie tog daardie in Bethlehem in ‘n stal gebore knaap wees nie? Want dit lees ook: ‘Te Bethlehem in ‘n stal sal vir die Jode ‘n koning gebore word; hy sal ‘n nuwe ryk stig, wat vir ewig nie ‘n einde sal hê nie!’ - Hoe verstaan jy Kabbalis dit nou alles?”

4. Hulle het verward vir mekaar gekyk en gesê: “Maar waarvandaan het dan die knaap die skrif sodanig sy eie gemaak? Daar bestaan in geheel net uiters weinig afskrifte en volmaaktes net skaars tien, en daarvan weet ons, waar hulle is, en geen leek kom in hulle nabyheid nie. Die Samaritane besit nou wel nog ‘n elfde afskrif, maar wat vervals is en baie toevoegings bevat, wat suiwer oosterse versinsels is.”

5. Hierop vra ‘n byterige priester vir My: “Nou sê jy vir my, wat ek vir jou sal vra: Waarvandaan en sedert wanneer het jy sodanig volledige kennis van die skrif en vernaamlik die profete jou eie gemaak?”

6. Sê Ek: “Om dit vir My te vra, het jy net so min die reg, as wat Ek vir jou sal vra, hoekom dit dan so is, dat jy as priester vir jou die skrif nog glad nie jou eie gemaak het nie - hetsy in woorde en nog baie minder met dade! Gee vir My antwoord op dit, wat Ek vra, en waarvoor daar vir jou betaal is! Om al die ander dinge hoef jy jou weinig of selfs glad nie te bekommer nie, want vir jou het dit niks gekos nie, hetsy aan moeite of tyd, en nog minder die allergeringste bekommernis of enige ander offer nie.

7. Trouens is dit vir julle geleerde amptenary hier in Jerusalem hoegenaamd geen besondere eer nie, indien die insigvolle opvoeding van ‘n knaap uit Galilea sodanige groot bewondering afdwing, want daardeur wys julle vir almal, dat julle kinders hier volgens opvoeding skaars bokant die diereryk staan!”

8. Op hierdie deur My ‘n bietjie dik aangemaakte opmerking het die Romeinse Kommissaris hardop begin om te lag, en ook Simon kon sy glimlag nie heeltemal wegsteek nie. Maar die byterige priester het opgestaan en vol verdriet op ‘n bank in die agtergrond gaan sit.

9. Daarop het ‘n hooggeplaasde van die sinagoge in Bethlehem, wat ook in die Tempel by die kindereksamen teenwoordig was, gesê: “Ek kan reeds sien, dat ek hier moet begin om raad te gee, andersins sal ons met hierdie knaap nie regkom nie! Hy het nou die gekoopte reg, om ons vir ‘n week lank te vra; en ons moet hom rede staan, of ons dit nou wil of nie! Gee hy vir ons dan reeds met sy eerste vraag so baie probleme, wat moet ons dan eers verwag wanneer hy met sy volgende en hoofvrae vorendag kom!

10. Verstand het hy genoeg en ‘n groot hoeveelheid humor ook, en ons sal nie met hom regkom nie, indien ons nie dit wil, wat hy wil nie. Hy wil nou eenmaal die ware verloop, oor die geboorte van ‘n knaap twaalf jaar gelede in ‘n skaapkraal by Bethlehem hê, en dit kan ek vir hom verskaf, omdat ek destyds, soos vandag nog, die hoof van daardie sinagoge is!”

Hoofstuk 4 Mobiele weergawe Kommentaar