Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 4 Die drie Dae in die Tempel

8. Op hierdie deur My ‘n bietjie dik aangemaakte opmerking het die Romeinse Kommissaris hardop begin om te lag, en ook Simon kon sy glimlag nie heeltemal wegsteek nie. Maar die byterige priester het opgestaan en vol verdriet op ‘n bank in die agtergrond gaan sit.

9. Daarop het ‘n hooggeplaasde van die sinagoge in Bethlehem, wat ook in die Tempel by die kindereksamen teenwoordig was, gesê: “Ek kan reeds sien, dat ek hier moet begin om raad te gee, andersins sal ons met hierdie knaap nie regkom nie! Hy het nou die gekoopte reg, om ons vir ‘n week lank te vra; en ons moet hom rede staan, of ons dit nou wil of nie! Gee hy vir ons dan reeds met sy eerste vraag so baie probleme, wat moet ons dan eers verwag wanneer hy met sy volgende en hoofvrae vorendag kom!

10. Verstand het hy genoeg en ‘n groot hoeveelheid humor ook, en ons sal nie met hom regkom nie, indien ons nie dit wil, wat hy wil nie. Hy wil nou eenmaal die ware verloop, oor die geboorte van ‘n knaap twaalf jaar gelede in ‘n skaapkraal by Bethlehem hê, en dit kan ek vir hom verskaf, omdat ek destyds, soos vandag nog, die hoof van daardie sinagoge is!”

Hoofstuk 4 Mobiele weergawe Kommentaar