Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 5 Die drie Dae in die Tempel

Hoofstuk 5

1. Hierop het die Hoof na My toe gedraai en gesê: “Dit is mos so, jy wil al die presiese datums en gebeure van die gedenkwaardige geboorte te Bethlehem van ons weet?”

2. Sê Ek: “O, daardie moeite en arbeid kan jy vir jou gerus spaar, want alles is aan My baie getrou en in waarheid bekend soos aan niemand van julle nie! Ek wil net van julle na alles, wat destyds in Bethlehem gebeur het, weet, of en in watter samehang julle dit met die verklaring van alle profete sien, nernaamlik met die getuienis van Jesaias. Daarom gaan dit en om niks anders nie, My ouderlinge!”

3. Sê die Hoof uit Bethlehem: “Ja, jy my liewe, dierbare seun, sien, jy verwag daar dinge van ons, wat ons net baie moeilik of ook glad nie in staat is om vir jou te gee nie!

4. Dit is waar, dat tussen die verklarings van die profeet Jesaias en die geboorte in die stal wat twaalf jaar gelede in Bethlehem plaasgevind het - waar die plek ook deur ‘n profeet genoem is - ‘n tipe verband onmisbaar gesoek kan word en juis nie maklik gevind kan word nie; maar, my liewe seun, hoeveel soortgelyke gevalle mag reeds sedert die tye van die profeet Jesaias voorgekom het, en nog is van ene Emanuel liggaamlik geen spoor te sien nie!

5. Judea was so te sê reeds meermaal sonder konings, en verskeie maagd in Bethlehem het in ‘n stal ‘n kind gebaar, en soms ook onder - ofskoon net toevallig - groot seremonie, maar wat net as ‘n natuurverskynsel op sy eie geïsoleerd gebeur het.

6. Swak en bygelowige mense onder toetrede van winsgierige towenaars uit Indië en Persie, en sterrelesers, waaraan daar by ons nog nooit ‘n tekort was nie, het geweet hoe om so iets te benut. Vertroud met die sages van die profete, benut hulle steeds sulke uitsonderlike geleenthede en verkondig aan die blinde Jode met die ernstige uitdrukking van ‘n profeet, hoe nou hulle lank verwagte Messias onmisbaar in die wêreld gebore is.

7. Maar die tyd, die ongevraagde vernietigende element van alle menslike werke en sages en versinsels het die jonger geslag steeds weer tot beter insig gebring. Alles het in die bodemlose diepte van steeds groeiende vergetelheid weggesink, en vir ons het niks oorgebly as net ‘n ydel sage in die groots moontlike verwardheid! Die verklarings van die profete is mistieke beelde, waaraan die mense nog honderde van jare sal knaag; maar beswaarlik sal ‘n volk op hierdie aarde ‘n oplossing vind.

8. En sien, jy my dierbare knaap, net so staan sake met die voor twaalf jaar gelede wonderbaarlike geboorte te Bethlehem, die aan my baie bekende oord, wat juis daarom, omdat die profete dit so baie genoem het, steeds van allerlei towenaars, sieners en sterrelesers besoek word, om te sien of daar dalk nie iets sal gebeur, wat hulle vir hulle eie voordeel kan uitbuit nie. Die geboorte twaalf jaar gelede was baie water op hulle droë lande.

9. Die drie towenaars uit Persie het vir hulle geskenke aan die maagd, wat ek wel weet, ‘n groot aantal skape, kalwers, koeie en osse as teenvergoeding van die herders gekry en het hulle reis beslis nie verniet gemaak nie. Maar nou het eers twaalf jaar verloop, en reeds dink geen mens meer aan die’ verhaal nie!

10. Dat jy vir ons uit die dromerland Galilea hierdie verhaal weer opgedis het, is nie vir my in die minste snaaks nie, want Galilea was steeds die land van dromers, met watter rede dit ook reeds deur die voorvaarders as ‘n land beskryf is, waaruit nooit ‘n ware profeet sal opstaan nie.

11. Daarmee, my dierbare seun, glo ek ook dat ek jou sogenaamde eerste vraag volledig beantwoord het! Dit kan wel wees, dat Jehova eendag vir die nou baie onderdrukte Jode ‘n held sal opwek, wat hulle weer tot ‘n vrye volk sal verhef; maar daarvoor is juis nou volgens die heel natuurlike verloop van sake nie die geringste vooruitsigte teenwoordig nie.

12. Hoe moes ‘n held dan daar lyk, en van waar af moes hy gekom het, wat dit met die ongelooflike mag van die Romeine kan opneem?! Dit kan dalk in duisend jaar eenmaal gebeur, indien toevallig al die ander wêreldmagte, nes Rome, los en swak word - maar nou is daarvoor nog lank geen vooruitsig voorhande nie, en jou aangeraakte eerste vraag gaan daar klaarblyklik oor in blou lug, wat wil sê: dit handel oor niks en vergaan ook in absoluut niks nie. - Het jy nou uiteindelik helderheid oor jou eerste vraag?”

13. Sê Ek: “Ja, Ja, wanneer jy alles volgens die maatstaf van hierdie wêreld beskou, dan mag jy reg wees. Maar hier moet net ‘n geestelike maatstaf gebruik word, waarvan jy blykbaar geen begrip het nie, en sodoende het jy vir My met jou hele toespraak, wat voorgee om baie ryk aan ondervinding te wees, ten slotte met betrekking op My eerste vraag net so min soos niks gesê nie!

14. Want indien die Messias sal kom, sal hy geen materiële nie, maar net ‘n geestelike ryk op aarde stig, en daardie ryk sal in ewigheid geen einde hê nie, soos dit ook die profeet Jesaias vir die komende Messias voorspel het.

15. Maar wat is ‘n geestelike ryk op aarde? - Dit is nie ‘n ryk met ‘n uiterlike skouspel nie, maar moet inwendig in die mens geopenbaar word, en ‘n mens, wat in daardie ware ryk van God op aarde onder die mense sal kom, sal waaragtig lewe en sal die dood in ewigheid nie sien nóg voel en proe nie, soos dit David, Daniel en Jesaias voorspel het.

16. Wanneer dinge met die beloofde Messias nou so staan en nooit anders kon wees nie, hoe en met watter rede sal dan daardie baie ongewoon wonderbaarlike geboorte te Bethlehem sodanig sonder betekenis wees?!

17. God het daardie kind wonderbaarlik voor die moordende hand van Herodes beskerm, en Hy leef tans, natuurlik uiters teruggetrokke, en staan, waar Hy moet wees, in ‘n vir alle elemente gebiedende krag, soos dit net vir ‘n God moontlik kan wees. Niemand kan vir Hom wegkruip nie; maar as Hy Hom voor die mense verberg, dan is dit ook vir niemand moontlik, om Hom te vind, voordat Hy Hom nie vrywillig laat vind nie.

18. Hy het nooit geleer om te lees en te skryf nie, en tog is daar geen skrif in die wêreld, wat Hy nie kan lees nie, en skryf in alle tale, en is met alle kunste, wat net enigsins in die wêreld teenwoordig kan wees, bekend en het ‘n krag, waarvoor die berge bewe en die magtigste seder sy hoof tot op die aarde moet buig, en selfs die son, maan en sterre blyk gehoorsaam aan sy wil te wees! - Wat Ek hier sê, is nie oordrewe nie, maar in geheel woordeliks die waarheid!

19. Maar wanneer presies so en nie anders nie, dan is Ek tog van mening, dat dit van julle kant die moeite werd behoort te wees, om vir julle meer kennis daaroor in te win en in die profete daaroor te lees, of die profesieë van Jesaias nie met die’ spesifieke ouers van die kind, met die kind self, met sy geboorte, met die plek van geboorte, met die tyd, met sy huidige woonplek en met verskeie tekens, wat Hy alreeds van Hom Self gegee het, ooreenstem nie!

20. Hierdie opsigself beslis nie onbelangrike saak moes tog deur julle priesters, wyses, skrifgeleerdes en ouderlinge van die volk nie sodanig onopgemerk bly nie, aangesien julle tog daardie posisies in die volk beklee, van waar die volk die duidelike aankondiging oor die aankoms van die’ aan hulle beloofde Messias uitsluitlik en met alle reg moet verwag. - Ek praat volgens My duur gekoopte reg, en niemand kan vir my sê, om stil te bly nie! Daar staan die Romeinse Regter, aan wie alleenlik die reg toegestaan is!”

21. Ek sou nie hierdie aanspraak op die Regter gemaak het nie, indien vir My gedurende die vloei van My antwoord nie ‘n ou, baie trotse fariseër vermaan het om stil te bly nie, en dat hierdie dinge is, waaroor ‘n voorbarige varkoppasser van Galilea beslis nie moet oordeel nie.

22. Maar die Regter, wat ten volle aan My kant was, het die fariseër ernstig oor sy grofheid berispe en het hom verbied, om weer met sodanig gemene heerstaal in sy teenwoordig na vore te kom. Want My aankondigings oor die in Nazareth wonende wonderknaap is ook vir die Romeine meer belangrik, as al hulle verslete en baie dun Jodedoenery. Hy het toe vir die fariseërs reguit in hulle gesigte gesê:

23. “Julle leerstellings het soos geen ander op die hele wye aarde ‘n totale reformasie nodig, andersins sal dit werklik geen vyftig jaar meer hou nie! Want soos julle God se leerstellings en julle erediens nou daar beoefen word, is in vergelyking daarmee Rome se Bacchanalië ‘n ware son, ofskoon dit as verering van ‘n hoër Godwese as ‘n ware misgeboorte van die menseverstand beskou kan word!

24. Maar jy, dierbare knaap, praat net heel hartlik voort! Daar sal geen leed aan jou toegevoeg word nie, want daar blyk in jou meer verstand te wees as in hierdie hele Tempel! Daarom praat net, my liewe seun!”

Hoofstuk 5 Mobiele weergawe Kommentaar