Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 245 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 6

Die groot skeppingsmens in die universum

1. Die Skrifgeleerde sê: 'Ja, Heer en Leraar, nou is dit ook alles vir my duidelik; maar ons almal tesame sal niks kan inbring teen die mag van die wêreldheersers nie! En hulle sal hulle strafkode daarom nie verander nie, en hulle sal hulle doodsoordele vel soos voorheen, en U leer sal in die opsig nie die wil van die wêreldheersers en magtiges buig nie!'

2. Ek sê: 'Net soos jy, weet Ek ook goed hoe dit orals met die wêreldheersers ter wêreld staan. Ek het ook nie vir hulle gepraat nie, maar vir julle! Julle sal ook na die wêreldheersers gaan en aan hulle My wil meedeel. Wat dit sal aanneem, sal ook daarby baat, - die wat dit egter nie sal aanneem nie, maar hulle regspraak sal hou soos voorheen, sal ook daarna hulle loon van daar af ontvang van waar hulle hulle oordeel gaan haal het; want hulle wat dit nie van My gekry het nie en dit voortaan ook nie wil hê nie, kon dit tog ook nêrens anders vandaan gekry het nie as uit die hel, en dus sal hulle ook die loon daarvoor van haar af oes!'

3. Die geleerde Fariseër sê: 'Ja, Heer, as hulle die beeld van die verlore seun hoor en verstaan, sal hulle uiteindelik nie so baie bekommerd wees oor die hel nie!'

4. Ek sê: 'Maak jy jou maar oor nêrens anders besorg nie! Die tyd, waarbinne die verlore seun* die genoemde hoop gegee is, is nie so kort soos wat jy jouself miskien voorstel nie. Ek sal aan jou die duur van die geoordeelde wêrelde duidelik maak, luister dus! *(die groot skeppinigsmens)

5. Die aarde is sekerlik geen klein hemelliggaam nie, en die son is juis duisendmaal duisendmaal groter as hierdie hele aarde; maar die naaste sentrale son is alreeds meer as tien maal honderdduisend keer groter as hierdie son, wat hierdie aarde verlig en weldra sal opgaan, en het meer volume as talle tienhonderd maal duisend maal duisend planetêre sonne saam met al hulle aardes en mane en komete, wat hulle almal in, vir julle onvoorstelbare uitgestrekte kringe met hulle aanhang met groot snelheid om so `n sentrale son beweeg en tog, veral die verste verwyderde, dikwels duisendmaal duisend jare van hierdie aarde nodig het om slegs eenmaal hulle uitgestrekte baan te deurloop en weer by die beginpunt terug te kom.

6. Nou bestaan daar egter nog `n tweede soort sentrale son, waaromheen daar in nog `n oneindige groot baan `n hele songebied met hulle sentrale sonne beweeg, waarvan die verste verwyderde gebied reeds `n eon van hierdie aardse jare nodig het om slegs eenmaal om hierdie tweede sentrale son te sirkel. So `n tweede sentrale son, waaromheen nou hele songebiede met hulle sentrale sonne draai, sal ons tesame met haar duisend maal duisend sonnegebiede `n sonneheelal noem.

7. Stel jou nou egter weer net so `n groot aantal van die sonneheelalle voor! Die het weer op `n afstand, wat vir geen menseverstand meer te meet is nie, `n gemeenskaplike sentrale son, wat op sigself as hemelliggaam, nog tien maal duisendmaal duisend maal groter is as die sonneheelalle wat in onmeetlike wye kringe om haar heen draai.

8. Die sonneheelal-geselskap, met `n sentrale son, sal ons `n sonne-al-al noem. Sulke al-alle is daar weer in, vir julle `n ontelbare aantal, en almal het op `n eindelose diepte weer `n ongehoorde groot sentrale oerson, waaromheen hulle sonder versteuring van hulle talle afsonderlike bewegings soos één liggaam in `n, slegs vir `n engel meetbaar, wye baan deurloop, en so `n sonne- en wêreldesisteem sal ons, om dit tot `n verstaanbare begrip te maak, `n sonne- en wêrelde-hulssfeer noem, omdat alle hiervoorgenoemde al-alle wat na alle rigtings om die sentrale oerson sirkel, `n onmeetlike groot bal vorm en as gevolg van hulle noodsaaklikerwys bykans gedagtesnelle beweging en die daardeur veroorsaakte sentrifugale krag, natuurlike vir julle onmeetbare diepte en verte, `n soort huls vorm, waarvan die digtheid die van die atmosferiese lug van hierdie aarde benader en van binne na buite `n deursnee het wat, gereken volgens die afstande op aarde, selfs met duisendmaal duisend eons nog veels te min sou wees.'

9. Toe sê die Skrifgeleerde, die Romein en Lasarus: 'Heer, ons word duiselig van hierdie meer as verskriklike grootte van U skepping! Kan `n engel dit wel ooit oorsien en die waarheid daarvan bevat?'

10. Ek sê: 'Baie seker, want anders was dit geen engel nie! Maar laat jou duiseligheid maar vaar, want dit word nog erger; want nou het Ek julle nog maar nouliks `n stippeltjie van die grootte van My skepping laat sien!

11. Ons het by die groot huls as gemeenskaplike omhulling van al die tallose talle al-alle bly staan. Hoe die omhulling tot stand gekom het, het Ek julle al kortliks aangedui. Maar waarom was hulle gevorm?

Hoofstuk 245 Mobiele weergawe Kommentaar