16. Maar wanneer ons daardie saak van nader beskou, dan sien ons, dat in die geskape wesens noodwendig twee soorte gevoelens ontmoet, naamlik eerstens die gevoel van die goddelike ewebeeldigheid of die oerlig van God in hulle en tweedens vanuit juis daardie lig dan ook noodwendig die gevoel van die tydaangepasde wording deur die oerwil van die Skepper. 17. Die eerste gevoel plaas die skepsel noodwendig met die Skepper gelyk en soos uit homself voortgegaan ten volle onafhanklik van die ewige oergrond, asof hy dit as sulks in homself dra en berg; maar op grond van die tweede gevoel wat noodwendig uit hierdie eerste lewensgevoel voortgaan, moet die mens hom nogtans as ‘n wese wat vanuit die eintlike oergrond voortgebring is en eers mettertyd as ‘n vry gemanifesteerde en dus van die hoofoergrond baie afhanklike wese beskou.
|