Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

17. Die eerste gevoel plaas die skepsel noodwendig met die Skepper gelyk en soos uit homself voortgegaan ten volle onafhanklik van die ewige oergrond, asof hy dit as sulks in homself dra en berg; maar op grond van die tweede gevoel wat noodwendig uit hierdie eerste lewensgevoel voortgaan, moet die mens hom nogtans as ‘n wese wat vanuit die eintlike oergrond voortgebring is en eers mettertyd as ‘n vry gemanifesteerde en dus van die hoofoergrond baie afhanklike wese beskou.

18. Maar hierdie vernederende gevoel maak die eerste hoogheidsgevoel ook tot ‘n gevoel van nederigheid, wat natuurlik vir die hoogheidsgevoel ‘n hoogs en onontbeerlik noodwendige saak is, soos dit in die vervolg heel duidelik gewys sal word.

19. Die hoogheidsgevoel stry geweldig teen sodanige vernedering en wil die tweede gevoel onderdruk.

20. Deur sodanige geveg ontstaan dan kwaad en ten einde haat teen die oergrond van alle bestaan en daaruit ook teen die lae nederigheids- of afhanklikheidsgevoel; maar daardeur raak die hoogheidsgevoel lam en word donkerder, en uit die oerlig in die geskape wesens word nag en duisternis. Hierdie nag en duisternis kan dan skaars meer die oerlig in homself erken en dwaal dus as blind maar nogtans selfstandig van die oergrond van sy bestaan en wording af en kan dit in sy blindheid nie meer erken nie.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar