Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

17. Die eerste gevoel plaas die skepsel noodwendig met die Skepper gelyk en soos uit homself voortgegaan ten volle onafhanklik van die ewige oergrond, asof hy dit as sulks in homself dra en berg; maar op grond van die tweede gevoel wat noodwendig uit hierdie eerste lewensgevoel voortgaan, moet die mens hom nogtans as ‘n wese wat vanuit die eintlike oergrond voortgebring is en eers mettertyd as ‘n vry gemanifesteerde en dus van die hoofoergrond baie afhanklike wese beskou.

18. Maar hierdie vernederende gevoel maak die eerste hoogheidsgevoel ook tot ‘n gevoel van nederigheid, wat natuurlik vir die hoogheidsgevoel ‘n hoogs en onontbeerlik noodwendige saak is, soos dit in die vervolg heel duidelik gewys sal word.

19. Die hoogheidsgevoel stry geweldig teen sodanige vernedering en wil die tweede gevoel onderdruk.

20. Deur sodanige geveg ontstaan dan kwaad en ten einde haat teen die oergrond van alle bestaan en daaruit ook teen die lae nederigheids- of afhanklikheidsgevoel; maar daardeur raak die hoogheidsgevoel lam en word donkerder, en uit die oerlig in die geskape wesens word nag en duisternis. Hierdie nag en duisternis kan dan skaars meer die oerlig in homself erken en dwaal dus as blind maar nogtans selfstandig van die oergrond van sy bestaan en wording af en kan dit in sy blindheid nie meer erken nie.

Joh.01,05] En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis kon dit nie begryp nie.

21. Derhalwe kan hierdie oerlig in sodanige duisternis skyn, soos dit net wil skyn; maar aangesien die nag, wat wel ook uit die’ lig onstaan het, geen ordentlike sig meer het nie, erken sy nie meer die lig wat in sodanige nag kom nie, om dit weer na die regte oerlig te omskep.

22. Op sodanige wyse het dan ook Ek as die ewige oerbestaan van alle bestaan en as die oerlig van alle lig en lewe in die wêreld van duisternis na hulle, wat uit My voortgegaan het, gekom; maar hulle het nie vir My in die nag van hulle afgematte hoogheidsgevoel herken nie!

23. Want hierdie 5de vers dui juis daarop, hoe Ek volgens en in die oorspronklike mate en verhouding as presies dieselfde wat Ek van ewigheid af was , in hierdie deur My en vanuit My geskape wêreld gekom het en sy vir My as haar eie grondbestaan, nie erken het nie.

24. Maar Ek as die oergrond van alle bestaan moes tog uit My oerewige al-lig sien, hoe die hoogheidsgevoel as die oerlig in die mens deur die voortdurende geveg al hoe swakker en swakker sou word, en sodoende as lewenslig ook donkerder en ten einde heeltemal nag sou word, en dat daarvolgens die mense, as Ek na hulle met die ewebeeld wat Ek vir hulle gegee het, sou gekom het, hulle My nie sou erken nie, ten minste ‘n baie groot aantal nie, besonders as Ek suiwer Deus ex machina (‘n God wat skielik optree) heel onverwags en onvoorberei in ‘n beperkte mensevorm na hulle toe sou kom, en Ek dan Self die skuld sou moes dra, dat die onvoorbereide mense op sodanige My aankoms, onmoontlik vir My sou erken het.

25. Ja, Ek het dit wel van ewigheid af ingesien en het derhalwe vir die mens reeds sedert sy eerste bestaan toe hy van My geskei het tot My werklike aankoms deur baie duisende sieners, wat gedurende die geveg nie die lig verloor het nie, juis hierdie My aankoms laat voorspel en ook die manier en selfs die plek en die tyd van My aankoms getrou laat aantoon, en tydens My werklike aankoms het Ek groot tekens laat gebeur en het ‘n man opgewek, waarin ‘n hoë oergees woning geneem het, dat hy vir die blindes My aankoms en volle teenwoordigheid op aarde sal verkondig.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar