Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

18. Maar hierdie vernederende gevoel maak die eerste hoogheidsgevoel ook tot ‘n gevoel van nederigheid, wat natuurlik vir die hoogheidsgevoel ‘n hoogs en onontbeerlik noodwendige saak is, soos dit in die vervolg heel duidelik gewys sal word.

19. Die hoogheidsgevoel stry geweldig teen sodanige vernedering en wil die tweede gevoel onderdruk.

20. Deur sodanige geveg ontstaan dan kwaad en ten einde haat teen die oergrond van alle bestaan en daaruit ook teen die lae nederigheids- of afhanklikheidsgevoel; maar daardeur raak die hoogheidsgevoel lam en word donkerder, en uit die oerlig in die geskape wesens word nag en duisternis. Hierdie nag en duisternis kan dan skaars meer die oerlig in homself erken en dwaal dus as blind maar nogtans selfstandig van die oergrond van sy bestaan en wording af en kan dit in sy blindheid nie meer erken nie.

Joh.01,05] En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis kon dit nie begryp nie.

21. Derhalwe kan hierdie oerlig in sodanige duisternis skyn, soos dit net wil skyn; maar aangesien die nag, wat wel ook uit die’ lig onstaan het, geen ordentlike sig meer het nie, erken sy nie meer die lig wat in sodanige nag kom nie, om dit weer na die regte oerlig te omskep.

22. Op sodanige wyse het dan ook Ek as die ewige oerbestaan van alle bestaan en as die oerlig van alle lig en lewe in die wêreld van duisternis na hulle, wat uit My voortgegaan het, gekom; maar hulle het nie vir My in die nag van hulle afgematte hoogheidsgevoel herken nie!

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar