Joh.01,05] En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis kon dit nie begryp nie.
21. Derhalwe kan hierdie oerlig in sodanige duisternis skyn, soos dit net wil skyn; maar aangesien die nag, wat wel ook uit die’ lig onstaan het, geen ordentlike sig meer het nie, erken sy nie meer die lig wat in sodanige nag kom nie, om dit weer na die regte oerlig te omskep. 22. Op sodanige wyse het dan ook Ek as die ewige oerbestaan van alle bestaan en as die oerlig van alle lig en lewe in die wêreld van duisternis na hulle, wat uit My voortgegaan het, gekom; maar hulle het nie vir My in die nag van hulle afgematte hoogheidsgevoel herken nie!
|