Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

Joh.01,05] En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis kon dit nie begryp nie.

21. Derhalwe kan hierdie oerlig in sodanige duisternis skyn, soos dit net wil skyn; maar aangesien die nag, wat wel ook uit die’ lig onstaan het, geen ordentlike sig meer het nie, erken sy nie meer die lig wat in sodanige nag kom nie, om dit weer na die regte oerlig te omskep.

22. Op sodanige wyse het dan ook Ek as die ewige oerbestaan van alle bestaan en as die oerlig van alle lig en lewe in die wêreld van duisternis na hulle, wat uit My voortgegaan het, gekom; maar hulle het nie vir My in die nag van hulle afgematte hoogheidsgevoel herken nie!

23. Want hierdie 5de vers dui juis daarop, hoe Ek volgens en in die oorspronklike mate en verhouding as presies dieselfde wat Ek van ewigheid af was , in hierdie deur My en vanuit My geskape wêreld gekom het en sy vir My as haar eie grondbestaan, nie erken het nie.

24. Maar Ek as die oergrond van alle bestaan moes tog uit My oerewige al-lig sien, hoe die hoogheidsgevoel as die oerlig in die mens deur die voortdurende geveg al hoe swakker en swakker sou word, en sodoende as lewenslig ook donkerder en ten einde heeltemal nag sou word, en dat daarvolgens die mense, as Ek na hulle met die ewebeeld wat Ek vir hulle gegee het, sou gekom het, hulle My nie sou erken nie, ten minste ‘n baie groot aantal nie, besonders as Ek suiwer Deus ex machina (‘n God wat skielik optree) heel onverwags en onvoorberei in ‘n beperkte mensevorm na hulle toe sou kom, en Ek dan Self die skuld sou moes dra, dat die onvoorbereide mense op sodanige My aankoms, onmoontlik vir My sou erken het.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar