Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1

6. Maar so lui die regte vertaling: In die oergrond, of ook in die grondoorsaak (van alle bestaan), was die lig (die groot heilige skeppingsgedagte, die werklik bestaande idee). Daardie lig was nie net in, maar ook by God, wat beteken dat die lig as werklik aanskoulik uit God getree het en was dus sodoende nie net in, maar ook by God en het so te sê die oergoddelike bestaan omvloei, waardeur reeds die fondament vir die toekomstige menswording van God gelê was, wat in die daaropvolgende tekste heeltemal vanself duidelik sal word.

7. Wie of wat was dan eintlik hierdie lig, hierdie groot gedagte, hierdie heiligste grondidee van alle toekomstige, werklike, mees vrye bestaan? - Dit was onmoontlik iets anders as juis God Self, omdat in God, deur God en vanuit God onmoontlik iets anders as net God Self vir Homself in Sy ewig mees volmaakte bestaan voorgestel het; en sodoende kan hierdie teks ook soos volg lui:

8. In God was die lig, die lig het vir God deur- en omvloei, en God Self was die lig.

Joh. 01,02] Dieselfde was in die begin by God.

9. Indien nou die eerste vers voldoende belig is, en deur elkeen met ‘n bietjie lig maklik begryp kan word, verduidelik die tweede vers hom vanself en bevestig ter getuienis, dat die bogenoemde woord of lig of die groot skeppingsidee nie mettertyd in die oergodwese onstaan het nie, maar saam met God as God Self ewig is en dus nooit enige ontstaanproses gehad het nie, waarom dit dan ook so te sê as ‘n bevestigende getuienis sê: Dieselfde was in die begin of in die oergrond van alle bestaan en alle latere wording as oergrond self by, in en uit God, dit wil sê dit was deur en deur God Self.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar